Huisgenoot-nuusvasvra: 29 Mei-4 Junie 2017

Die gholf-ster Tiger Woods was die afgelope week weer om al die verkeerde redes in die nuus. Wat was dit dié slag?
Hy is aangekla van bestuur onder die invloed van drank.
€�n Amerikaanse paaldanseres het laat hoor dat hy betaal het sodat sy hom privaat kon vermaak.
Hy het onvriendelike dinge op sosiale media kwytgeraak oor Ernie Els se gholfspelery met pres. Donald Trump.
Hoeveel het die Gupta-familie na bewering uit Chinese lokomotief-voorsiening aan Transnet verdien, aldus die #GuptaLeaks-e-posse wat vandeesweek deur amaBhungane en Scorpio bekendgemaak is?
R128,7 miljoen
R1,4 biljoen
R5,3 biljoen
Uit die einste uitgelapte e-posse kom dit voor asof pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, met die hulp van die Gupta-familie ’n woonstel ter waarde van R18 miljoen in ’n bekende, peperduur buitelandse gebou gekoop het. Watter gebou?
Burj Khalifa in Doebai
Tour Odeon in Monaco
432 Park Avenue in Manhattan
Sosiale media die wêreld oor het groot pret gehad met ’n onverstaanbare woord wat pres. Donald Trump getwiet het. Watter woord is dit?
Cofveve
Cofvava
Cofvovo
Steeds by Trump: Hy het onder strawwe kritiek deurgeloop nadat Amerika uit die Parys-klimaatverdrag onttrek het, en dit terwyl Amerika die land is wat die tweede meeste koolstofdioksied die lug inpomp. Wie is verantwoordelik vir die heel meeste koolstofdioksied in die lug?
China
Indië
Brasilië
Die Wes-Kaapse premier Helen Zille is onthuts omdat sy vir eers van alle DA-verwante bedrywighede geskors is. Hoekom is sy geskors?
Sy het geweier om onvoorwaardelik om verskoning te vra vir die skade wat haar kolonialisme-twiets aangerig het.
Sy het ’n Facebook-inskrywing ge-like wat krities was oor Mmusi Maimane, partyleier.
Sy het fopnuus oor DA-bedrywighede in die koerant Rapport probeer plant.
Vir die tweede keer binne drie maande het ’n aanslag deur vermeende terroriste op ’n bekende Londense brug plaasgevind. Watter brug is dit?
London Bridge
Tower Bridge
Westminster Bridge
Wie het Sondag die Comrades-wedloop gewen?
Bongmusa Mthembu
Hatiwande Nyamande
Gift Kelehe
Wie beklee die plek as voorste eendagbouler op die ranglys wat die Internasionale Krieketraad verlede Dinsdag bekend gemaak het?
Kagiso Rabada van die Proteas
Imran Tahir van die Proteas
Mitchell Starc van Australië
Die komediant Rikus de Beer (Jonathan van Radio Raps) het weens hartversaking by die dood omgedraai. Wat het sy vertoning net voor hy in die hospitaal opgeneem is, ongewoon gemaak?
Hy het met ’n drup aan die arm opgetree.
Hy het flou geval en ’n gehoorlid het die vertoning oorgeneem.
Iemand het ’n stokkielekker uit die gehoor gegooi wat hom in die oog getref het.
€�n Afrikaanse fliek oor ’n ikoniese Suid-Afrikaanse vrou het reeds ’n string internasionale pryse by rolprentfeeste ingeoes. Die lokprent daarvoor is pas bekendgestel. Oor wie handel die fliek?
Krotoa, ook Eva genoem, wat in die 1600’s as tolk vir die Nederlanders aan die Kaap opgetree het
Miriam Makeba, wat in die 1900’s ’n beroemde sangeres, aktrise en burgerlike aktivis was
Saartjie Baartman, wat in die 1800’s in Europa “uitgestal” is
Statistieke Suid-Afrika het hul werkloosheidsyfer bekendgemaak. Altesaam 31,4 persent van swart Suid-Afrikaners is werkloos. Watter persentasie van wit Suid-Afrikaners is werkloos?
6,6 persent
12,9 persent
22,9 persent
Watter bekende sangeres het die afgelope week ’n toer gekanselleer omdat haar borskanker teruggekeer (en versprei) het?
Olivia Newton-John
Kylie Minogue
Sheryl Crow
Die Amerikaanse ruimte-administrasie NASA is slaggereed om volgende jaar vir die eerste keer ’n tuig te stuur wat kan raak na ’n hemelliggaam wat tot dusver onaangeraak was. Watter hemelliggaam is dit?
Die son
Venus
Pluto
€�n Ikoniese Suid-Afrikaanse suiwelmaatskappy het die afgelope week finaal sy deure gesluit. Watter maatskappy is dit?
Dairybelle
Simonsberg
Clover
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 29 Mei-4 Junie 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die gholf-ster Tiger Woods was die afgelope week weer om al die verkeerde redes in die nuus. Wat was dit dié keer?, Hoeveel het die Gupta-familie na bewering uit Chinese lokomotief-voorsiening aan Transnet verdien, aldus die #GuptaLeaks-e-posse wat vandeesweek deur amaBhungane en Scorpio bekendgemaak is?, Uit die einste uitgelapte e-posse kom dit voor asof pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, met die hulp van die Gupta-familie ’n woonstel ter waarde van R18 miljoen in ’n bekende, peperduur buitelandse gebou gekoop het. Watter gebou?","img":"https://cdn.poll-maker.com/18-725162/facebook-nuusvasvra-29-mei-2017.jpg?sz=1200-00000000001000005300"}
Powered by: Quiz Maker