Huisgenoot-nuusvasvra: week van 13-19 Maart 2017

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se loopbaan is in die weegskaal ná haar mees onlangse sarsie twiets. Watter boodskap het sy die kuberruim ingestuur?
€�Mense wat sê die nalatenskap van kolonialisme was NET negatief: dink aan ons onafhanklike regbank, vervoerinfrastruktuur, watervoorsiening, ensovoorts.”
€�Daar moet ’n sinistere rede wees waarom Bathabile Dlamini nie lankal opgetree het om die Sassa-krisis te voorkom nie. Korrupsie!”
“Ek is nie ’n rassis nie, maar ek ken baie swart mense wat wel rassiste is.”
Die 27-jarige voedseltegnoloog Maxine Jones het haar doktorsgraad behaal met navorsing oor ’n uniek Suid-Afrikaanse happie. Wat is dit?
Biltong
Boereworsrolletjies
Mashonzha (mopaniewurms)
Waarom gaan die Statebondspele in 2022 nie meer in Durban aangebied word nie?
Die SA regering wou nie die volle R8,2 biljoen wat die Statebond-federasie vereis, waarborg nie.
Die Statebond-federasie het besluit die weer in Durban is nie geskik vir atletiek nie.
Die regering het besluit die Statebondspele is ’n simbool van kolonialisme en as sodanig nie welkom in Suid-Afrika nie.
Wat is die naam van die ver-regse leier van die Partij voor de Vrijheid, wat bloedneus geslaan is by die belangrike afgelope algemene verkiesing in Nederland?
Geert Wilders
Mark Rutte
Angela Merkel
Watter Suid-Afrikaanse fliek het Saterdagaand met die prys as die beste vollengte-fliek weggestap by die SA rolprent- en televisiepryse (Saftas)?
Sink
Noem My Skollie
Shepherds and Butchers
Wat was die uitspraak van die Konstitusionele Hof aan die einde van die opspraakwekkende SASSA-verhoor?
Die staat se kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) om maatskaplike toelaes uit te betaal, is met ’n jaar verleng.
Maatskaplike toelaes sal nie op 1 April betaal word nie omdat die stelsel waarvolgens dit geskied, onwettig is.
Die uitbetalings word op 1 April gedoen, maar deur die Poskantoor wat die kontrak oorneem.
Die Springbokke het pas tot by hul laagste posisie uit 10 ooit op die wêreldrugby-ranglys gedaal. Watter plek beklee ons nou?
Sesde
Sewende
Agtste
In die nuwe Deon Meyer-spanningsfliek Jagveld speel Leandie du Randt ’n skool-onnie wat ook ’n gevaarlike doodmaker van mense is. Met watter akteur is Leandie in die regte lewe getroud?
Bouwer Bosch
Altus Theart
Jody Abrahams
Die geliefde akteur Joe Mafela (75) is oor die naweek in ’n motorongeluk oorlede. Vir watter TV-reeks is hy onder meer bekend?
Going Up
The Villagers
Isidingo
Die astrantheid van Suid-Afrikaanse misdadigers ken geen einde nie. Twee weke nadat R20 miljoen op O.R. Tambo buitgemaak is, het die volgende Saterdagoggend gebeur:
Kort na sy striemende aanval op deelnemers aan die SASSA-skandaal, het diewe by die kantoor van hoofregter Mogoeng Mogoeng in Midrand ingebreek en 15 rekenaars met sensitiewe inligting op gesteel.
€�n Dief het by die SA Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad ingewals en weer uitgewals met ’n Irma Stern-skildery in sy tas.
€�n Helikopter het op die dak van ’n Absa-tak geland, die diewe het uitgespring en hul pad met plofstof na die geldkluise oopgeblaas, miljoene se kontant gesteel en weer met die heli ontsnap.
Suid-Afrikaanse rugbyspelers by Stade Français in Frankryk kan dalk sonder werk sit as hul klub soos beoog met Racing 92 saamsmelt. Wie speel NIE tans vir Stade Français nie?
Morné Steyn
Willem Alberts
Bryan Habana
Die Afrikaanse weergawe van die Amerikaanse toneelstuk en Oscarbekroonde fliek Driving Miss Daisy was by Aardklop, die Woordfees en is nou op pad KKNK toe. Wat is die toneelstuk se naam in Afrikaans?
So Ry Miss Daisy
Op Pad met Miss Daisy
Miss Daisy gee gas
Watter gevaarlike maar voorkombare aansteeklike siekte het op Stellenbosch uitgebreek en is nou ook in Johannesburg aangemeld?
Masels
Duitse masels
Varkgriep
Wat het die vermeende meesterbrein agter die diefstal van R20 miljoen op die OR Tambo-lughawe glo kort na die rooftog gekoop?
€�n Paleis van ’n huis in Sandhurst, Sandton
€�n Lamborghini
2 000 bottels seldsame Franse wyn
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 13-19 Maart 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se loopbaan is in die weegskaal ná haar mees onlangse sarsie twiets. Watter boodskap het sy die kuberruim ingestuur?, Die 27-jarige voedseltegnoloog Maxine Jones het haar doktorsgraad behaal met navorsing oor ’n uniek Suid-Afrikaanse happie. Wat is dit?, Waarom gaan die Statebondspele in 2022 nie meer in Durban aangebied word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/15-646052/facebook-foto.jpg?sz=1200-00000003721000005300"}
Powered by: Quiz Maker