Huisgenoot-nuusvasvra: 19 Januarie 2020

Hoe gaan prins Harry en Meghan Markle bekendstaan noudat hulle heeltemal as koninklikes gaan uittree?
Harry, hertog van Sussex and Meghan, hertogin van Sussex
Harry en Meghan Windsor
Harry en Meghan Sussex
Die akteur Theodore Jantjies het 7de Laan die afgelope week ná 14 jaar verlaat toe sy karakter oorlede is. Watter rol het Theodore in 7de Laan vertolk?
Xander Meintjies
Diederik Greyling
Justin Booysen
Gerugte loop sterk dat ’n vorige Mej. Heelal op Stellenbosch kom afhaak het. Wie is dit?
Demi-Leigh Nel-Peters
Catriona Gray
Zozi Tunzi
Met watter aktiwiteit hou mense regoor die wêreld hulle besig om die diere te help wat in die Australiese bosbrande beseer is?
Handwerk
Water-insameling
Gebedsaamtrekke
Hoe lank was Enock Mpianzi, ’n seun van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg, by ’n skoolkamp weg voor daar agtergekom is hy word vermis?
7 uur
17 uur
27 uur
Wat begin Dinsdag in die Amerikaanse Senaat?
Die verhoor van pres. Donald Trump
€n Debat oor die Amerikaanse moord op die Iranese topgeneraal Qasem Suleimani
€n Debat oor moontlike nuwe vuurwapenbeheerwette in die VSA.
Na watter Proteaspeler is die afgelope naweek as ’n “proper Dutchman” verwys in die toets teen Engeland?
Anrich Nortjé
Faf du Plessis
Pieter Malan
Die aktrise en komediant Margit Meyer-Rödenbeck het laat hoor haar bekende alter ego is op pad uit. Hoe heet dié alter ego?
Dowwe Dolla
Preutse Polla
Lawwe Lolla
Watter belangrike aankondiging is pas oor die Wes-Kaap gemaak?
Politici se geldsake gaan eersdaags vir die eerste keer in Suid-Afrika deur ’n onafhanklike maatskappy ondersoek word.
€n Hittegolf van temperature rondom 55 grade word verwag.
Die eerste geval buite die Verre Ooste van besmetting met die nuwe gevreesde korona-longvirus is aangemeld.
Die winkelgroep Massmart het grootskeepse afleggings aangekondig. Watter winkels in die groep word die ergste geraak?
DionWired
Makro
Game
Wie was die hoogs betaalde sportster van die afgelope dekade, aldus die tydskrif Forbes?
Die bokskampioen Floyd Mayweather
Die sokkerster Cristiano Ronaldo
Die tennisster Serena Williams
Wat is die naam van die opspraakwekkende Eerstewêreldoorlog-fliek wat reeds ’n paar gesogte pryse ingeryg het, vir verskeie Oscars benoem is en die afgelope naweek in Suid-Afrika begin draai het?
1914
1917
1918
Die volledige regering van hierdie land het vandeesweek bedank nadat hul president veranderinge aan die grondwet voorgestel het.
Rusland
Bolivia
Litaue
Waar is ’n gesteelde skildery deur die Oostenrykse kunstenaar Gustav Klimt gevind 23 jaar nadat dit raaiselagtig uit ’n Italiaanse kunsgalery verdwyn het?
Weggesteek in ’n muur van die galery
Op ’n vlooimark in Egipte
Via ’n Italiaanse webtuiste waarop klassieke skilderye te koop aangebied word
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 19 Januarie 2020", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Hoe gaan prins Harry en Meghan Markle bekendstaan noudat hulle heeltemal as koninklikes gaan uittree?, Die akteur Theodore Jantjies het 7de Laan die afgelope week ná 14 jaar verlaat toe sy karakter oorlede is. Watter rol het Theodore in 7de Laan vertolk?, Gerugte loop sterk dat ’n vorige Mej. Heelal op Stellenbosch kom afhaak het. Wie is dit?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker