Huisgenoot-nuusvasvra: week van 24-30 April 2018

Hoe gaan prins William en Catherine se nuutste spruit amptelik bekendstaan?
Prins Louis van Cambridge
Prins Charles van Cambridge
Prins Arthur van Cambridge
SA is in opstand omdat Caster Semenya volgens die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies voortaan . . . . Voor sy aan die 800 m en die 1 500 m mag deelneem?
Haar testosteroonvlak met medisyne of chirurgie moet verlaag
Nie meer ’n asmamiddel mag gebruik wat haar longe oopmaak nie
Minder proteïen moet eet
Geweld het in Noordwes losgebars weens ontevredenheid met die provinsie se premier, . . . .
Supra Mahumapelo
Sylvia Lucas
Phumulo Masualle
Wat het Suid-Korea gedoen om die spanning te verlig voor sy president, Moon Jae-in, ’n geskiedkundige vergadering met sy Noordelike eweknie, Kim Jong-oen, gehou het?
Vir Kim ’n bakkie tradisionele kimchi-bredie aangebied
Luidsprekers op die grens afgeskakel wat propaganda in die rigting van Noord-Korea geblêr het
€�n Uitvoering deur die rapper PSY van sy 2012-treffer “Gangham Style” aangebied
Waar is die grafsteen van die geliefde TV-persoonlikheid Johann Botha opgerig?
In die Wespark-begraafplaas in Johannesburg
42 m onder die water in die Wondergat-duikplek in Noordwes
Onder ’n mopanieboom net buite Hoedspruit in die bosveld van Limpopo
Watter Afrikaanse sanger het by die Ghoema-toekenningsgeleentheid met nie minder nie as sewe pryse weggestap?
Jo Black
Karen Zoid
Karlien van Jaarsveld
Die rapper HemelBesem maak ’n draai in 7de Laan. Wat is die naam van sy (regte-lewe-)boek wat Matrone in die Boekwinkel ontdek het?
God Praat Afrikaans
God Praat In Tale
God Praat Alle Tale
Die popgroep ABBA gaan vir die eerste keer in dekades twee nuwe liedjies uitreik. Hoe oud is die vier lede nou?
Tussen 48 en 53
Tussen 58 en 63
Tussen 68 en 73
Watter geliefde rugbyspeler het die afgelope week aangekondig dat hy aan die einde van die seisoen sy rugbystewels gaan ophang?
Bryan Habana
Bismarck du Plessis
Pat Lambie
Wat het die aktrise Nadia Valvekens pas aangekondig? (Meer as een antwoord is moontlik.)
Sy verlaat Binnelanders ná 13 jaar.
Sy gaan korporatiewe stemopleiding doen.
Sy en Ivan Zimmerman staan op trou.
Wie is die eerste Afrikaleier wat by pres. Donald Trump in Amerika besoek gaan aflê het?
Pres. Muhammadu Buhari van Nigerië
Pres. Uhuru Kenyatta van Kenia
Pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika
Wat is die naam van die Afrikaanse fliek wat pas begin draai het en wat handel oor ’n troue wat skeefgeloop het?
Wonderlus
Stroomop
Meerkat Maantuig
Hoe ruik die planeet Uranus, volgens Oxford-wetenskaplikes?
Na vrot eiers
Na rook
Na bitteramandels
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 24-30 April 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Hoe gaan prins William en Catherine se nuutste spruit amptelik bekendstaan?, SA is in opstand omdat Caster Semenya volgens die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies voortaan . . . . voor sy aan die 800 m en die 1 500 m mag deelneem?, Geweld het in Noordwes losgebars weens ontevredenheid met die provinsie se premier, . . . .","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker