Huisgenoot-nuusvasvra: 22-28 Mei 2017

Die sanger Bobby van Jaarsveld gaan binnekort ’n koffie-en-biltong-winkel oopmaak met die naam . . .
Bob’s Biltong and Coffee Bar
A Taste of Bobby
Bob’s Your Uncle
Die Wes-Kaap is tot ’n rampgebied verklaar weens die ergste droogte sedert . . .
1898
1904
1942
Altesaam 22 mense is dood toe ’n bom by ’n musiekkonsert in Manchester, Engeland, ontplof het. Watter ster het by die konsert opgetree?
Ariana Grande
Katy Perry
Rihanna
Die akteur Roger Moore is die afgelope week oorlede. Hy het James Bond in altesaam sewe Bond-flieks vertolk. Een daarvan is . . .
The Spy Who Loved Me
From Russia With Love
GoldenEye
E-posse is die naweek bekend gemaak waarvolgens pres. Jacob Zuma na bewering ’n ander land sy “tweede tuiste” wil maak. Watter land is dit?
Die Verenigde Koninkryk
Die Verenigde Arabiese Emirate
Tanzanië
Wie is Suid-Afrika se nuwe Springbok-kaptein?
Duane Vermeulen
Adriaan Strauss
Warren Whitely
Hierdie foto deur Julie Lundt het die afgelope week opspraak gewek. Waarvan is dit?
€�n Pofadder wat oor die Gariepdam swem
Die Loch Ness-monster wat helder oordag ’n verskyning maak
€�n Afrika-spikkelpaling wat ongewoon vlak in die Zambezi-rivier swem
Wat is die oorsaak van die omstredenheid en verwarring oor wyle Joost van der Westhuizen se laaste testament?
Hy het dit nie self onderteken nie.
Dit het verdwyn.
Sy testament maak melding van sy trust, maar hy het nooit sover gekom om sy bates in die trust te plaas nie.
Jy kan nou mini-Huisgenootjies as deel van Checkers se nuwe Little Shop-bemarkingsveldtog kry. Huisgenoot het ook van Junie af ’n nuwe redakteur. Wie is dit?
Yvonne Beyers
Nadia Honiball
Esmaré Weideman
Die sangeres Tarryn Lamb is nou in die sepie Suidooster te sien. Van watter gewilde musiekgroep is sy die hoofsanger?
BlackByrd
Freshlyground
Cutt Glas
Die DA-leier Mmusi Maimane is uit Zambië gedeporteer. Hoekom wou hy soontoe gaan?
Hy sou daar vakansie gaan hou het.
Hy sou die hoogverraadverhoor van die Zambiese opposisieleier Hakainde Hichilema bygewoon het.
Hy was lid van ’n Suid-Afrikaanse handelsafvaardiging na Zambië wat met pres. Edgar Lunga sou vergader het.
Die baasspeurder Piet Byleveld is pas oorlede. Watter opspraakwekkende moordsaak het hy onder meer opgelos?
Die moord op die Johannesburgse student Leigh Matthews
Die Stasie-reeksmoorde in die Kaap
Die Griekwastad-moord op Deon, Christel en Marthella Steenkamp
Wie het na berig word gesê: “Gaan voort om my in die media aan te val en julle sal sien” en “Moet my nie te ver dryf nie.”
Pres. Jacob Zuma
Pres. Wladimir Poetin
Pres. Donald Trump
Refentse, Joshua na die Reën en Arno Carstens is al drie Saterdagaand vir Afrikaanse albums by die SA Musiekpryse bekroon. Vir watter album is Arno bekroon?
Die Aandblom 13
Die Aronskelk 13
Die Affodil 13
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 22-28 Mei 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die sanger Bobby van Jaarsveld gaan binnekort ’n koffie-en-biltong-winkel oopmaak met die naam . . ., Die Wes-Kaap is tot ’n rampgebied verklaar weens die ergste droogte sedert . . ., Altesaam 22 mense is dood toe ’n bom by ’n musiekkonsert in Manchester, Engeland, ontplof het. Watter ster het by die konsert opgetree?","img":"https://cdn.poll-maker.com/17-718261/slang.jpg?sz=1200-00000028451000005300"}
Powered by: Quiz Maker