Huisgenoot-nuusvasvra: week van 5 Junie 2017

Die Springbokke het uiteindelik weer ’n rugbytoets gewen, teen Frankryk. Wat is die Franse rugbyspan se bynaam?
Hane
Bergbokke
Smulpape
Heelwat fopnuus is versprei oor die verwoestende brande in die Suid-Kaap. Watter berig hieronder was fopnuus?
Altesaam sewe mense is dood en 439 huise is verwoes.
Twee mense is in hegtenis geneem nadat hulle die brande met petrolkanne veroorsaak het.
Die bekende kunstenaar Beezy Bailey se huis in Plettenbergbaai het afgebrand.
Ook op die sokkerveld kon ons harte van trots swel toe Bafana Bafana teen . . . . geseëvier het.
Nigerië
Egipte
Ivoorkus
Die Wes-Kaap se skole was verlede Woensdag gesluit. Hoekom?
Om kinders te beskerm teen die geweldige storm wat verwag is.
Om die onderwysers kans te gee om hul admin op datum te bring.
Om onderwysers ’n duvet-dag te gee ten einde hul stres te verlig.
Nog ’n dag, nog ’n Gupta-skandaal. Die afgelope week was die beweerde kaping van Eskom en Denel aan die beurt in die opspraakwekkende #GuptaLeaks-reeks. En dan was daar die e-posse wat daarop gedui het dat die Guptas . . . In sekere onthaalposte by hul funksies verkies het.
Wit vroue
Mense wat Hindi en/of Oerdoe kan praat
Vroue onder 25
Die #GuptaLeaks-sage bevat ook e-posse van ’n omstrede Britse skakelmaatskappy wat “boodskappe” oor ekonomiese bevryding wou versprei as ’n manier om pres. Zuma en die ANC se beeld te verbeter. Wat is die naam van dié maatskappy?
Bell Pottinger
Pell Bottinger
Potty Bellinger
Die geliefde skrywer PG du Plessis is oorlede. Watter drama hieronder was NIE uit sy pen nie?
Pa, Maak Vir My ’n Vlieër, Pa
€�n Seder Val In Waterkloof
Siener in die Suburbs
George en Amal Clooney se langverwagte tweeling het uiteindelik hul opwagting gemaak. Wat is die tweetjies se name?
Ella en Alexander
Eileen en Adam
Eden en Amil
Die mensdom se geskiedenis sal heel moontlik herskryf moet word ná die ontdekking van fossiele in Marokko. Waarop dui dié fossiele?
Dat homo sapiens nie net in Oos-Afrika nie, maar op verskeie plekke in Afrika ontwikkel het.
Dat die vroegste mense vegetariërs was.
Dat die Aarde net 6 000 jaar oud is.
Wat is die top-universiteit in Afrika, volgens die jongste QS-wêreldranglys vir universiteite?
Universiteit van Kaapstad
Universiteit Stellenbosch
Universiteit van die Witwatersrand
Die gewilde mediapersoonlikheid en natuur- en musiekkenner Johann Botha is in ’n skokkende rooftog doodgeskiet. By watter TV-program was hy onder meer betrokke?
50/50
Groen
Jukebox
Weer eens is die wêreld deur ’n Britse verkiesing verbluf. Wat het gebeur?
Die Britte het gestem om Brexit te kanselleer en heelhartig deel van die Europese Unie te bly.
Die Britse Arbeidersparty onder Jeremy Corbyn het die verkiesing gewen en ’n heeltemal nuwe regering gevorm.
Die Konserwatiewe Party onder Theresa May het sy meerderheid in die parlement verloor en moet met ’n Ierse party saamwerk om aan die bewind te bly.
Ons het die afgelope week gehoor dat Suid-Afrika tegnies in ’n resessie is. Wat is volgens ekonome NIE ’n oorsaak daarvan nie?
Die droogte en die invloed daarvan op kospryse
Korrupsie en beleidsonsekerheid in die politiek
Toename in die rand se waarde
Van watter misdaad was Mej. SA, Demi-Leigh Nel Peters, die afgelope week ’n slagoffer?
Roof
Kaping
Aanranding
€�n Nuwe superheldfliek met ’n vrou as hoofkarakter is besig om die loket storm te loop. Wat is die naam van die fliek?
Wonder Woman
Catwoman
Superwoman
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 5 Junie 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die Springbokke het uiteindelik weer ’n rugbytoets gewen, teen Frankryk. Wat is die Franse rugbyspan se bynaam?, Heelwat fopnuus is versprei oor die verwoestende brande in die Suid-Kaap. Watter berig hieronder was fopnuus?, Ook op die sokkerveld kon ons harte van trots swel toe Bafana Bafana teen . . . . geseëvier het.","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker