Huisgenoot-nuusvasvra: 20-27 Oktober 2019

Wie het NIE die afgelope week uit die DA bedank NIE?
John Steenhuisen, hoofsweep
Herman Mashaba, Johannesburgse burgemeester
Mmusi Maimane, partyleier
Wie het Suid-Afrika se enigste drie gedruk in die wedstryd teen Wallis in die halfeindstryd van die Rugbywêreldbeker?
Damian de Allende
Handré Pollard
Faf de Klerk
Watter vooraanstaande Suid-Afrikaanse privaat skool bly in die nuus omdat hul waterpolo-afrigter na bewering ’n verhouding met ’n leerder gehad het?
Bishops in Kaapstad
St John’s in Johannesburg
Grantleigh in Richardsbaai
Wat het prins Harry laat blyk in ’n omstrede dokumentêr Harry and Meghan: An African Adventure, wat verlede naweek in die buiteland uitgesaai is?
Hy en ouboet William is nie meer so na aan mekaar as tevore nie.
Hy en vroulief Meghan is nie meer so na aan mekaar as tevore nie.
Hy en skoonsus Catherine is nie meer so na aan mekaar as tevore nie.
Vir watter siekte is die 35-jarige aktrise Crystal-Donna Roberts pas klaar behandel?
Borskanker
Maagseer
Lyme-siekte
In watter land het pres. Cyril Ramaphosa die afgelope week ’n beraad bygewoon?
Rusland
Duitsland
Egipte
Watter klagtes het sommige ouers oor die eksamen-kunswerke van ’n Richardsbaaise matriekleerder wat by sy skool uitgestal is?
Dis spot met die Christendom.
Dit spot met Helen Zille.
Dit is van ’n minderwaardige kunsgehalte.
Watter omgewingsgeskiedenis is by Jeffreysbaai gemaak?
Die eerste pad in Afrika gemaak van herwonne plastiek, is daar voltooi.
Meer as 30 000 mense het opgedaag om plastiek en ander vullis van die strand te verwyder.
Haainette is verwyder omdat te veel seediere daarin vassit, en swem en branderplankry is voortaan daar verbied omdat dit te gevaarlik is.
Watter boer in Boer Soek ’n Vrou het die meeste briewe gekry?
Boer Damian van Bapsfontein
Boer Hentie van Clanwilliam
Boer Theunis van De Doorns
Aan wie het Mica McKechnie pas verloof geraak?
Schalk Bezuidenhout
Beer Adriaanse
Trevor Noah
Watter twee buurstate van Suid-Afrika het die afgelope twee weke verkiesing gehou?
Botswana en Mosambiek
Botswana en Lesotho
Botswana en Namibië
Hoekom het die prys van Pierneef-skilderye gestagneer en selfs gedaal?
Die beskikbare skilderye is skielik nie meer so seldsaam nie omdat Markus Jooste nege van sy eie in die mark gestoot het.
€�n Toenemende wêreldwye ekonomiese penarie
Die kunshandelaar Strauss & Co het vasgestel talle Pierneefs wat as oorspronklik beskou was, is eintlik vervals.
Toe Libanese betogers agterkom hul slagkrete pla ’n peuter in ’n motor, het hulle hierdie liedjie vir die kleintjie begin sing.
Baby Shark
The Wheels of the Bus
Old MacDonald Had a Farm
Wat is die Britse premier, Boris Johnson (BoJo), gedwing om die afgelope week te doen?
Om uitstel vir Brexit te vra.
Om ’n nuwe referendum oor Brexit uit te roep.
Om ’n algemene verkiesing uit te roep.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 20-27 Oktober 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker