Huisgenoot-nuusvasvra: 22-28 Junie 2019

Wat het die TV-persoonlikheid Hykie Berg verlede naweek in Hoedspruit aangevang?
Die jawoord gevra
€�n Ongemagtigde rit in ’n weermaghelikopter onderneem
€�n Mangoplaas gekoop
Watter munisipaliteit in Suid-Afrika het NIE pas ’n skoon oudit gekry NIE?
Kaapstad
Midvaal
Gert Sibande
In watter land is die mense woedend oor Kim Kardashian se nuwe vormdrag-reeks?
Japan
Koeweit
Amerika
Waarna verwys die ‘konsentrasiekampe’ wat pres. Donald Trump volgens kritici in Amerika goedkeur?
Die lokale op die suidelike grens van Amerika waar migrantekinders in slegte omstandighede aangehou word.
€�Swart persele” in versteekte dele waar vermeende terroriste aangehou en ondervra word.
Groot pakhuise in stede waar hawelose mense in slegte omstandighede onderdak kry.
Wat is die naam van die SA koor wat staande toegejuig is deur die gehoor en beoordelaars ná hul vertoning op die program America’s Got Talent?
Ndlovu
Silimane
Ngwenyama
Daar is by die Zondo-kommissie getuig dat SAL onder druk gekom het om sy roete na . . . Te laat vaar ten gunste van Gupta-verwante Jet Airways.
Moembai
Delhi
Doebai
Wat het prins William kwytgeraak waaroor wêreldwyd verslag gedoen is?
€�Ek sal nie omgee as een van my kinders gay is nie.”
€�Ek wil nie eintlik koning word nie en hoop George sal my pa opvolg.”
€�Meghan Markle gee my ’n pyn; sy ondermyn die verhouding tussen my en Harry.”
Wat is die gemiddelde salaris in Suid-Afrika se formele sektor?
R12 794
R20 855
R24 625
Wat het die afgelope twee weke die dood van twee walvisse aan die Kaapse kus veroorsaak?
Hulle het verstrengel geraak in seekatnette.
Hulle het te veel plastiek ingekry.
Hulle is deur dolfyne vermoor.
Reynardt Hugo het die afgelope week ’n operasie ondergaan. Hy speel dr. Tertius Jonker in Binnelanders, maar in watter musiekgroep sing hy ook?
Adam
Die Heuwels Fantasties
Spoegwolf
In watter Afrikaland het daar die afgelope week ’n mislukte staatsgreep plaasgevind?
Ehtiopië
Somalië
Demokratiese Republiek van die Kongo
Wat behels die nuwe verlofbeleid van die finansiëledienstemaatskappy Investec?
Werknemers kan verlof neem wanneer en vir hoe lank hulle wil.
Werknemers se verlof sal voortaan onbetaald wees.
Siekteverlof sal voortaan van gewone verlof afgetrek word.
Watter groot staatsonderneming kon die afgelope maand nie bekostig om sy werknemers se volle salaris te betaal nie?
Denel
Eskom
SAUK
Europa word deur ’n hittegolf geteister en Frankryk het Vrydag sy hoogste temperatuur in menseheugenis aangeteken. Hoeveel was dit?
38,6 grade C
42,3 grade C
45,8 grade C
Watter prys het hierdie hond vandeesweek gewen?
Lelikste brak ter wêreld
King Tong
Dogzilla 2019
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 22-28 Junie 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker