Hoe goed onthou jy prinses Diana?

In watter jaar is Diana gebore?
1960
1961
1962
Wat was Diana se van voor sy met Charles getroud is?
Spencer
Althorp
Bowles
Watter werk het Diana gedoen toe sy aan Charles verloof geraak het?
Speelskool-assistent
Tandarts-assistent
Verpleegster
Waar of onwaar? Voor Charles met Diana getroud is, het hy met een van haar susters uitgegaan.
Waar
Onwaar
Toe hulle met die aankondiging van hul verlowing gevra is of hulle op mekaar verlief is, het Diana geantwoord: "Natuurlik!" Wat het Charles gesê?
€�Ek is liewer vir haar as vir my plante!"
€�Wat 'liefde' ook al beteken.”
€�Hoe kan enigiemand nié op Diana verlief wees nie?”
Hoeveel keer het Charles en Diana tyd saam deurgebring voor hulle getroud is?
13
42
57
Diana se verloofring, wat vandag aan haar skoondogter, Catherine, se vinger pryk, is destyds wyd nageboots. Dit het bestaan uit 14 diamante met ’n . . . In die middel.
 
Saffier
Smarag
Robyn
Waar het Diana en Charles wittebrood gehou?
 
In Afrika, op safari
Op 'n seiljag op die Middellandse See
In Australië, met 'n ski-vakansie
Aan watter siekte het Diana gely?
Bulimie
Diabetes
Hoë bloeddruk
Die media het Diana in die 1980's en 1990's ongenadiglik met iemand anders vergelyk, en die stomme ander persoon het amper altyd die slegste daarvan afgekom. Wie was dit?
Haar skoonsuster Sarah Ferguson
Haar skoonsuster prinses Anne
Haar skoonma, koningin Elizabeth
Diana en haar man se minnares, Camilla Parker Bowles – vandag die hertogin van Cornwall – het uiteraard nie juis ooghare vir mekaar gehad nie. Hoe het Diana na Camilla verwys?
Die rottweiler
Daardie vrou
Die perd se bek
Wat het Diana bedoel toe sy in ’n onderhoud gesê het haar huwelik is "crowded"?
Dat Camilla Parker Bowles ’n derde huweliksmaat was
Dat die behoeftes van die publiek haar huwelik heeltyd binnegedring het
Dat koningin Elizabeth en prins Philip heeltyd by haar huwelik ingemeng het
Diana het erken dat sy ’n verhouding met James Hewitt gehad het terwyl sy getroud was. Wie was hy?
Haar perdry-afrigter
€�n Londense hartchirurg
Die erfgenaam van die Harrod's-sakeryk
Hoeveel kinders het Diana en Charles gehad?
Twee
Drie
Vier
Watter supermodel van die 1990's het Diana vir ete genooi omdat William, toe ’n tiener, stilletjies op haar verlief was?
 
Cindy Crawford
Kate Moss
Linda Evangelista
Teen watter oorlogwapens het Diana ’n veldtog gevoer?
Landmyne
Gewere
Interkontinentale ballistiese missiele
Wat hieronder het Diana NIE gedoen toe sy Suid-Afrika kort voor haar dood in 1997 besoek het nie?
Pres. Nelson Mandela ontmoet
By haar broer, Charles, in Kaapstad gekuier
Hulp aan Suid-Afrikaanse vigs-organisasies aangebied
Op die Blou Trein gereis
In watter stad was die motorongeluk waarin Diana dood is?
Parys, Frankryk
Londen, Engeland
Florence, Italië
Wat was die naam van Diana se kêrel wat saam met haar in die ongeluk oorlede is?
Dodi Fayed
Dido Fayed
Dodo Fayed
Wat het Diana glo NIE aangehad toe sy dood is nie?
€�n Sitplekgordel
Swart satynskoene
€�n Langbroek
€�n Armani-baadjie
Watter liedjie het Elton John aangepas en by Diana se begrafnis gesing?
Candle in the Wind
Your Song
Can You Feel the Love Tonight
Diana is begrawe in ’n swart rok deur Catherine Walker en met ’n bidsnoer wat sy by wie gekry het?
 
Moeder Teresa
Die aartsbiskop van Kantelberg
Pous Johannes Paulus II
{"name":"Hoe goed onthou jy prinses Diana?", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"In what year was Diana born?, What was Diana’s surname before she married Charles?, What job did Diana have when she became engaged to Charles?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker