Huisgenoot-nuusvasvra: week van 15-21 Mei 2017

General Motors het aangekondig hulle onttrek uit Suid-Afrika. Watter motor is NIE ’n GM-motor nie?
Isuzu
Chevrolet
Ford
Dit het die afgelope week aan die lig gekom dat boikotaksies veral sommige Spur-takke baie seergemaak het. Hoekom word die Spur deur sommiges geboikot?
Hulle is kwaad omdat ’n wit man die Spur verbied is nadat hy ’n swart kind aan die arm gepluk en hy en die kind se ma op mekaar geskree het.
Hulle voel die Spur is skuldig aan kulturele appropriasie weens hul Inheemse-Amerikaner-tema.
Hulle reageer op ’n sosialemedia-bewering dat kos wat aan wit mense voorgesit word, met spoeg en ander uitskeidings besmet word.
Koning Willem-Alexander van die Nederlande het onthul dat hy in die geheim ’n ander beroep ook beoefen. Watter beroep?
Ambulansbestuurder
Lugdiensvlieënier
Reddingshelikopter-vlieënier
In reaksie op die groot aantal vroue en kinders wat die afgelope twee weke aan die hand van mans dood is, het honderde mans Saterdag in Pretoria deelgeneem aan ’n optog teen geweld teenoor vroue en kinders. Wat is die naam van die optog?
Not In My Name
Stop Women Abuse
Save Our Sisters
Pres. Donald Trump het in ’n vergadering met Russiese amptenare geklassifiseerde inligting oor ISIS uitgeblaker. Watter land het dié inligting verskaf?
Duitsland
Israel
Irak
Die DJ Mandla Hlatshwayo is doodgeskiet terwyl hy probeer het om vroue te help wat aangeval word. In watter TV-reeks het hy bekendheid verwerf?
Generations
Isidingo
7de Laan
Vier mense is reeds dood ná die hernieude uitbraak van ’n gevreesde hemorragiese koors in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Watter siekte is dit?
Ebola
Marburg
Geelkoors
Die onderwerp van baie kultuurgrappies is die hoofkarakter in ’n fliek wat in Julie in SA uitgereik word. Wat is die naam van die karakter en die fliek?
Van der Merwe
Paddy
Rooinek
Prins George en prinses Charlotte van Engeland was in die gevolg toe hul tant Pippa Saterdag getroud is. Hul pa, William, was self op sy dag ’n paar keer hofknapie, onder meer in matroosdrag by die 1986-troue van . . .
Sy oom prins Andrew en Sarah Ferguson
Sy oom prins Edward en Sophie Rhys-Jones
Sy tante prinses Anne en haar tweede man, Timothy Laurence
Theunis Botha het Vrydag die tweede beroepsjagter in ’n kort tyd geword wie se dood deur ’n wilde dier veroorsaak is. Wat het met hom gebeur?
€n Olifant het op hom geval.
€n Krokodil het hom gevang.
€n Buffel het hom in die lug gegooi.
Mense wat al musiek aflaai van lank voor iTunes bestaan het, voel nostalgies oor die nuus dat ’n geliefde elektroniese-lêer-formaat nou tot ’n einde gekom het. Watter formaat is dit?
Mp3
Pdf
Jpeg
Drie lede van die Durbanse Khan-gesin is steeds in die waakeenheid nadat ’n bom by hul huis in Berea afgelewer is. Hoe is die bom verskans?
In ’n ruiker
In kruideniersware
In ’n pizza
€n Bekende Suid-Afrikaanse popgroep het aangekondig hul paaie gaan skei. Wie is dit?
Heuwels Fantasties
Van Coke Kartel
Adam
Hoekom het hierdie kat nuus gemaak op sosiale media?
Hy is buitengewoon lank.
Hy jaag honde.
Hy jaag motors.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 15-21 Mei 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Dit het die afgelope week aan die lig gekom dat boikotaksies veral sommige Spur-takke baie seergemaak het. Hoekom word die Spur deur sommiges geboikot?, Koning Willem-Alexander van die Nederlande het onthul dat hy in die geheim ’n ander beroep ook beoefen. Watter beroep?, In reaksie op die groot aantal vroue en kinders wat die afgelope twee weke aan die hand van mans dood is, het honderde mans Saterdag in Pretoria deelgeneem aan ’n optog teen geweld teenoor vroue en kinders. Wat is die naam van die optog?","img":"https://cdn.poll-maker.com/17-711252/facebook-lokfoto.jpg?sz=1200-00000000001000005300"}
Powered by: Quiz Maker