Watter soort tuinier is jy?

Wat is ’n lugplant?
€�n Opblaasbare plastiekplant
Die sambreelboom
€�n Plant waarvan die wortels nie grond nodig het nie
€�n Plant waarvan die saadjies in die lug wegsweef
In die tuinwêreld beteken 3:1:5 …
Op jou merke, gereed, spit!
Die verhouding van stikstof, fosfor en kalium in kunsmis
Die verhouding van bome tot grasperk tot struike in ’n gebalanseerde tuinontwerp
€�n Maandelikse natleiprogram
Wat is ’n “witvlieg”?
€�n Albino-huisvlieg
€�n Insek wat wit blomme besmet
€�n Klein vliegie wat net tydens volmaan verskyn
€�n Insek wat fuschias, rose en binnenshuise plante aanval
Die term “bloeiwyse” verwys na …
Die rangskikking van die blomme van ’n plant
Die manier waarop rose gesnoei word
€�n Slak se blink spoor
Die sap van die bloedlelie
Wat is humus?
€�n Smeer van fyngemaalde kekerertjies
€�n Aftreksel van vars perdemis
Die veluitslag wat jy kry van brandnetels
Dierlike of plantaardige materiaal in ’n gevorde stadium van ontbinding
€�n Hoogstamroos is ...
Een wat gesnoei is om ’n ronde kroon op ’n enkele stam te dra
€�n Spesie uit ’n beroemde familie
€�n Roos in ’n pot op ’n hoë balkon
€�n Pienk rosie wat oor ’n prieel rank
Noem een voordeel van erdwurms
Hulle verbeter die gehalte van grond
Hulle is beter in die grond as op jou koolplantjies
Erdwurms vreet onkruid se wortels
Erdwurms keer dat honde in jou beddings bollie
Wat is ’n swartoog-nooi?
€�n Inheemse boom
Jou buurvrou wat in ’n deur vasgeloop het
€�n Rankplant
€�n Kewer
Die kraanvoëlblom (Strelitzia regina) is die amptelike blom van …
Suid-Afrika
Los Angeles
Zimbabwe
Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein, Mpumalanga
Watter een sal voëls na jou tuin lok?
Krismisrose
€�n Voëlverskrikker
€�n Jacuzzi
Aalwyne wat in die winter blom
Die vierde week in Julie is die beste tyd om …
Amerikaanse sjokolade te eet
Impatiëns te plant
Jou rose te snoei
Rugby te kyk
Wat is ’n uitheemse indringer?
Plante uit die buitenste ruim
Een van die 198 plante wat nie in Suid-Afrikaanse tuine hoort nie
€�n Spesiale soort bol wat bo-op die grond groei
€�n Vyandelike vliegtuigfabriek
Wat is ’n bladwisselende plant?
€�n Plant wat sy blare in die winter afgooi
€�n Plant met verskillende kleure blare
€�n Plant wat oorspronklik van Antarktika kom
€�n Plant met ruwe bas of dorings
Hoe gee jy jou tuin ’n tropiese voorkoms?
Trek na ’n kusdorp
Sit ses biere en ’n sambreel langs jou swembad
Plant welige plante met groot blare en struike met helderkleurige blomme
Dra ’n blommetjieshemp wanneer jy die gras sny
Grond-pH verwys na …
Die hoeveelheid klip in die grond
Hoe suur of alkalies die grond is
Die minister van grondsake
Hoeveel water die grond hou
€�n Deklaag is ’n moet omdat ...
Die bedreigde bospaddatjie daaronder woon
Dit die grond koel hou en verdamping bekamp
Deklaagverskaffers deur ’n groot resessie gaan
Grondbedekkers nie in die skadu groei nie
Watter van die onderstaande is al drie groente?
Appel, blomkool, tamatie
Eiervrug, murgpampoentjie, tamatie
Appel, peer, druif
Blomkool, rabarber, wortel
Tuiniers gebruik die term “aftop” om te beskryf hoe …
Die punte van takkies afgebreek word ten einde bosvormige groei aan te moedig
Hard hulle Saterdae in die tuin werk
Jy jou maandelikse uitgawes in die tuin beperk
Rankers wat hand uitruk, teruggesny moet word
Dubbele blomme is blomme wat …
Twee keer soveel water as ander nodig het
Twee rye kroonblare het
Twee blomknoppe op elke steel ontwikkel
Blomme wat elke twee weke in grootte verdubbel
€�n Hibried is:
€�n Ekovriendelike plant wat geen koolsuurgas afgee nie
€�n Onkruid
€�n Vetplant wat baie min water gebruik
Die afstammelinge van kruisbestuiwing tussen twee plante van dieselfde spesie
{"name":"Watter soort tuinier is jy?", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Hoeveel weet jy regtig van die bytjies en die blommetjies en al die ander goeters wat ’n tuin laat werk?","img":"https://cdn.poll-maker.com/23-899299/thomas-hafeneth-233511.jpg?sz=1200-00000013351000005300","accounts":"@Tuistydskrif, @tuishomemag","hash":"#Tuistydskrif"}
Powered by: Quiz Maker