Huisgenoot-nuusvasvra: 30 Oktober - 5 November 2018

Watter legendariese aktrise het die gesogte Huisgenoot-Tempo vir Afrikaanse erfenislater gewen?
Brümilda van Rensburg
Shaleen Surtie-Richards
Sandra Prinsloo
Steeds by die Tempo’s: Wie is pas bekroon met Huisgenoot se Tempo-toekenning “Vermaak-ster van die Jaar”?
Cindy Swanepoel
Diaan Lawrenson
Karlien van Jaarsveld
Waaraan het die Openbare Beskermer vir min. Malusi Gigaba skuldig bevind?
Dat hy die etiese kode oortree het deur onder eed in die hof te lieg
Dat hy die etiese kode oortree het deur ’n seksvideo van homself te maak
Dat hy die etiese kode oortree het deur witmonopolie-kapitaliste soos die Oppenheimers voor te trek
Hoeveel grond langs die Tuinroete is in die afgelope week se brand verwoes?
Minstens 25 000 hektaar
Minstens 86 000 hektaar
Minstens 91 00 hektaar
Deur watter land is ’n Suid-Afrikaanse oudsoldaat pas vrygelaat nadat hy daar ter dood veroordeel was?
Suid-Soedan
Demokratiese Republiek van die Kongo
Somalië
Oor watter beleërde staatsonderneming het Tito Mboweni, finansminister, gesê: “As ons . . . Moet toemaak, sal ons”?
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens
Denel
Die SAUK
Met hoeveel punte het die Bokke Saterdag teen Engeland verloor?
1
2
3
Wie verteenwoordig Suid-Afrika by die Mej. Wêreld-kompetisie wat in Desember in China plaasvind?
Thulisa Keyi
Tamaryn Green
Adé van Heerden
Wat was glo die regstreekse oorsaak daarvan dat ’n ingenieur by ’n Russiese Suidpoolstasie sy kollega met ’n mes bygedam het?
Die kollega het aanmekaar die slot verklap van die boeke wat die Russiese span op die basis te lese het.
Die ingenieur het ’n sopie wodka te veel ingehad.
Die kollega het onophoudelik verskriklik vals gesing.
Watter latere siekte kan moontlik voorkom word as ’n mens se blindederm op ’n jong ouderdom verwyder word?
Parkinson-siekte
Alzheimer-siekte
Diabetes
Watter bekende teleskoop se reise in die diepste ruimte is ná nege jaar beëindig?
Kepler
Hubble
Chandra
Hoe het Patricia de Lille, oudburgemeester van Kaapstad, die DA bestempel te midde van verlede week se stroom bitter aantygings en bedankings uit die party?
Dramatiese Alliansie
Ondemokratiese Alliansie
Dekselse Alliansie
Minstens hoe lank behoort ’n vrou te wag voor sy ná die geboorte van haar baba weer swanger raak?
6-12 maande
12-18 maande
18-24 maande
Die vervaardigers van watter top-TV-reeks is vies vir pres. Donald Trump van Amerika oor hierdie twiet, wat kwaai by die reeks leen?
Game of Thrones
House of Cards
Breaking Bad
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 30 Oktober - 5 November 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker