Huisgenoot-nuusvasvra: 27 Januarie - 2 Februarie 2020

Wat is op hierdie foto? (Foto: CDC)
Die koronavirus
€�n Speldekussing
€�n Seesuiertjie
Watter nuwe vak word NIE binnekort by skole ingevoer NIE?
Gedekolonialiseerde wiskunde
Robotika
Kodering
Watter geskiedkundige gebeurtenis uit die 1940’s is verlede week onthou?
Die bevryding van die Nazi-kamp Auschwitz
D-Dag
Die begin van apartheid as amptelike beleid in Suid-Afrika
Waar hou die oud-Mej. Heelal Demi-Leigh Nel-Peters en haar man, Tim Tebow, wittebrood?
Maledive-eilande
Mauritius
Martinique
Watter nuusgebeurtenis hieronder vind NIE die komende week in Suid-Afrika plaas NIE?
SA gaan vier beurtkragvrye dae hê.
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, besoek Suid-Afrika.
Ons nuwe Mej. Heelal, Zozi Tunzi, kom terug SA toe vir die eerste keer nadat sy die titel gewen het.
Roger Federer en Rafael Nadal pak mekaar op die tennisbaan.
Wat het die beleërde SA Lugdiens aangekondig?
Minstens 27 vlugte word in Februarie geskrap.
Vyfduisend werkers word afgelê.
SAL smelt saam met Air Zimbabwe.
Hoe lank kan Suid-Afrika verwag om nog beurtkrag te hê?
1 jaar
18 maande
3 jaar
Waarna verwys die hutsteken #ukmisseu? (Meer as een antwoord moontlik)
UK Mission to the European Union
The UK misses the European Union
You OK? Miss you!
Boer soek ’n vrou het al ’n maand gelede klaargemaak, maar die belangstelling in boer Willem wil nie gaan lê nie. Hoe heet die vrou wat sy hart verower het?
Sanel
Sanet
Selma
Watter sanger het onlangs afgehaak?
Manie Jackson
Cassper Nyovest
Snotkop
In watter land gaan die krieketster Hashim Amla vanjaar kolfafrigter wees?
Pakistan
Nieu-Seeland
Zimbabwe
Demokrate in Amerika noem pres. Donald Trump se verhoor in die Amerikaanse Senaat ’n klugspel, onder meer omdat die Republikeine hul pogings om . . . Gekortwiek het.
Getuies en dokumente te dagvaar
Trump te dagvaar om te getuig
Iets anders as water en melk tydens die verhoor te drink
Teen watter span het die Blitsbokke die afgelope naweek naelskraap in die eindstryd verloor?
Fidji
Nieu-Seeland
Samoa
Gautengers het ’n witvlinder-skouspel geniet. Waarheen was die vlinders op pad?
Noordoos-Afrika
Suid-Europa
Madagaskar
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 27 Januarie - 2 Februarie 2020", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wat is op hierdie foto? (Foto: CDC), Watter nuwe vak word NIE binnekort by skole ingevoer NIE?, Watter geskiedkundige gebeurtenis uit die 1940’s is verlede week onthou?","img":"https://cdn.poll-maker.com/50-1686691/corona-virus-cdc.png?sz=1200-00000001391000005300"}
Powered by: Quiz Maker