Huisgenoot-nuusvasvra: 28 Augustus-3 September 2017

Verlede Donderdag was die 20ste herdenking van prinses Diana se dood. In watter Europese stad het sy gesterf?
Berlyn
Parys
Barcelona
Wat noem die aktrise Leandie du Randt haar nuwe klerereeks?
Skoonma
Jagveld
Vuil Wasgoed
Die Hooggeregshof in Kenia het Vrydag ’n opspraakwekkende uitspraak gelewer. Wat was dit?
Die onlangse presidentsverkiesing is nietig verklaar en ’n nuwe verkiesing moet binne 60 dae plaasvind.
Olifante in die land kry voortaan dieselfde regte as mense in ’n poging om wildstropery te beveg.
Brittanje moet 20 biljoen pond opdok om Kenia vir kolonialisme te vergoed.
Leerders van die Hoërskool Pretoria-Wes moes die aftog blaas nadat hul ouers beslis het hulle mag nie . . . .
Skinny-langbroeke dra nie.
Mikro-mini’s dra nie.
Mansbollas dra nie.
Die liggame van vyf mynwerkers wat onder die grond vasgekeer was, is verlede week na die oppervlak gebring. Naby watter myndorp het die ongeluk plaasgevind?
Carletonville
Orkney
Virginia
Wie of wat is Florence, wat die afgelope week in die nuus was?
€�n Orkaan wat verwoesting in die deelstaat Texas gesaai het
Een van die grootste asteroïede wat nog ooit verby die Aarde gevlieg het
€�n Amerikaanse koei wat geneties aangepas is om water pleks van melk produseer
Op watter plek in Suid-Afrika het die meeste multimiljoenêrs volgens nuwe syfers ’n tweede huis?
Clifton, Kaapstad
Knysna in die Suid-Kaap
Ballito in KwaZulu-Natal
Waarom is drie onderwysers by ’n Noord-Kaapse hoërskool geskors?
Hulle het leerders swanger gemaak.
Hulle het stokkies gedraai.
Hulle het saam met leerders in ’n nagklub gaan fuif.
Ons het op 1 September Lentedag gevier, maar wanneer begin die lente amptelik in die Suidelike Halfrond?
20 September
21 September
22 September
Die sanger Bobby van Jaarsveld het mense gevra om die petisie Geopende Deure te onderteken. Wat word in die petisie gevra?
Dat die Verenigde Nasies as bemiddelaar intree om die regte te verseker van Christene en ander godsdiensgroepe in Sirië en Irak
Dat pres. Donald Trump van Amerika begin optree soos die Christen wat hy beweer hy is
Dat Christelike kerke in Suid-Afrika hul deure vir eredienste regdeur die week oopgooi en nie net op Sondae nie
Hoekom het daar ’n herrie om adj.pres. Cyril Ramaphosa losgebars?
E-posse het aan die lig gekom wat na bewering daarop dui dat hy verskeie buite-egtelike verhoudings gehad het.
E-posse het aan die lig gekom wat daarop dui dat hy in Doebai wil aftree.
E-posse het aan die lig gekom waarin hy na bewering onvriendelike dinge kwytraak oor sy mede-multimiljoenêr-swaer, Patrice Motsepe.
Woede heers oor die kaartjiepryse van die Nuweland-toetswedstryd op 7 Oktober tussen die Bokke en die All Blacks. Wat kos die goedkoopste en die duurste sitplekke?
R350 en R650
R450 en R950
R450 en R1 050
Voor sy dood in 2015 het die beroemde Britse skrywer Terry Pratchett gevra dat sy ongepubliseerde werk vernietig word. Hoe is dit verlede week gedoen?
Sy manuskripte is op ’n brandstapel verbrand
€�n Stoomroller het oor sy rekenaar-hardeskyf gery
Sy USB-geheuestokkie is oornag in suur geweek

Wat is op dié foto, wat ná die orkaan Harvey van die vloedwaters in Texas geneem is?

€�n Kolonie rooi vuurmiere wat saamkoek en op die water dryf ten einde te oorleef.
Kosbare grond van Mars wat per abuis deur ’n Amerikaanse wetenskaplike by Houston se Johnson-ruimtesentrum in die vloedwaters laat val is.
Vrot vleis wat in die strate van Houston afdryf.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 28 Augustus-3 September 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Verlede Donderdag was die 20ste herdenking van prinses Diana se dood. In watter Europese stad het sy gesterf?, Wat noem die aktrise Leandie du Randt haar nuwe klerereeks?, Die Hooggeregshof in Kenia het Vrydag ’n opspraakwekkende uitspraak gelewer. Wat was dit?","img":"https://cdn.poll-maker.com/21-814629/fire-ants-on-water.jpg?sz=1200-00000003331000005300"}
Powered by: Quiz Maker