Huisgenoot-nuusvasvra: 24 tot 30 Julie 2017

Die veroordeelde geldknoeier Schabir Shaik is steeds “terminaal siek” sedert sy ontslag uit die tronk, het Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste en justisie, gesê. Hoe lank is Shaik nou al in die “laaste terminale fase” van sy “siekte”?
Net meer as agt maande
Net meer as drie aar
Net meer as agt jaar
Hoekom was die boek Mandela’s Last Years die afgelope week in die nuus?
Die uitgewer, Penguin Randomhouse, het dit van die mark onttrek.
Die eksekuteurs van Mandela se boedel het gewaarsku dat dit dokter-pasiënt-vertroulikheid skend.
Sy weduwee, Graça Machel, het gesê dit tas Mandela se waardigheid aan.
Al die bogenoemde

Hoe het die Pretoriase ondersoeker Mike Bolhuis vir Joost van der Westhuizen in ’n stadium bygestaan sonder die medewete van Joost se vrou, Amor Vittone?

Hy het direkteurskappe vir hom gereël.
Hy het geld aan hom geleen en met sy huis- en motorafbetalings gehelp.
Hy het vir hom ’n gratis vakansie op Mauritius present gegee.
Een van die nuutste onthullings in die stroom GuptaLeaks-e-posse is dat Andile Mngxitama glo vir die Guptas geld gevra het. Van watter organisasie is Mngxitama die leier?
Economic Freedom Fighters
Black First Land First
Data Must Fall
Die Britse sanger Yusuf Islam/Cat Stevens hou later vanjaar ’n reeks konserte in Suid-Afrika. Watter bekende goue oue hieronder het hy NIE gesing nie?
Morning Has Broken
It’s a Wild World
Starman
Watter Suid-Afrikaner se lewensverhaal is op die oomblik die topverkoper by Exclusive Books?
Die TV-persoonlikheid Bonang Matheba (Bonang A to B)
Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela (No Longer Whispering to Power)
Die komediant Trevor Noah (Born a Crime)
By watter organisasie het die politieke kommentator Max du Preez hom die afgelope week aangesluit om sy steun te wys vir hul meertalige Afrikaans Plus-veldtog?
ATKV
FAK
Solidariteit
’n Rasseherrie het losgebars nadat iemand ’n vals e-pos geskep het waarin die versekeraar MiWay van gruwelike rassisme beskuldig is. Wie het dié e-pos geskryf?
€n Ontevrede kliënt van MiWay
€n Ontevrede werknemer van MiWay
Bell Pottinger
Watter onlangse besoekers word volgens inwoners dikwels in die KZN-dorp St. Lucia gesien?
Seekoeie wat in die strate en tuine ronddwaal
Pres. Jacob Zuma wat met sy gesin op die strand ontspan
Boeddhistiese pelgrims in oranje gewade
Watter internasionale sanger het die res sy wêreldtoer gekanselleer, gelukkig darem eers nadat hy al ’n draai in Suid-Afrika gemaak het?
Justin Bieber
Kanye West
Ed Sheeran
Wat is die waardevolste handelsnaam in Suid-Afrika, volgens die jongste Brand Finance-verslag?
MTN
Woolworths
Capitec
Anoj Singh is Donderdag op spesiale verlof geplaas, onder meer as gevolg van verdagte Gupta-transaksies waarby hy betrokke was. Van watter organisasie is hy die finansiële hoof?
Eskom
SAUK
ANN7

In sy eerste week as pres. Donald Trump se nuwe kommunikasiehoof het Anthony Scaramucci al ’n paar keer sy voet vierkant in sy mond gesit. Wat is Scaramucci se bynaam?

The Mooch
The Scmooch
Scaramouche
Teen watter span gaan die Leeus Saterdag in die Superrugby-eindstryd meeding?
Crusaders
Hurricanes
Chiefs
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 24 tot 30 Julie 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die veroordeelde geldknoeier Schabir Shaik is steeds “terminaal siek” sedert sy ontslag uit die tronk, het Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste en justisie, gesê. Hoe lank is Shaik nou al in die “laaste terminale fase” van sy “siekte”?, Hoekom was die boek Mandela’s Last Years die afgelope week in die nuus?, Volgens ’n stemopname wat die afgelope week bekendgemaak is, het Amor Vittone na bewering aan haar siek man, Joost van der Westhuizen, gesê: “Jy kan nie eens self . . . nie.\"","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker