Huisgenoot-nuusvasvra: week van 5-11 Junie 2018

By watter bekende skool het die ouers om die skool gestap (soos die Israeliete om Jerigo) en gebid dat die skool van politiek gereinig word?
Grey-kollege in Bloemfontein
Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria
Hoërskool Linden in Johannesburg
In watter stad het die G7-beraad die afgelope naweek plaasgevind?
Charlevoix, Quebec, Kanada
Keulen, Duitsland
Jokohama, Japan
Die afkorting NoKo is deesdae oral te sien. Waarvoor staan dit?
Noord-Korea
Nog Koffie
Not Koi
Watter bekende internasionale model het ’n foto van die Bokkaptein, Siya Kolisi, op haar Instagram-storie met hartjies versier?
Naomi Campbell
Candice Swanepoel
Chrissy Teigen
Wie het gedreig: “Ek is moeg daarvan om my te gedra . . . Moet my nie tart nie.”
Oudpres. Jacob Zuma
Patricia de Lille
Nick Mallett
Die Afrikaanse Taalraad gaan die taal Khoekhoegowab bevorder. As watter taal ken ons Khoekhoegowab beter?
Nama
Damara
Khoisan
In watter land skop die Wêreldbekersokkertoernooi Donderdag af?
Rusland
Brasilië
Katar
Wie is Ismail Momoniat, wat deur die EFF se Floyd Shivambu daarvan beskuldig is dat hy lid was van 'n Indiese kabaal en “nie ’n Afrikaan” is nie?
 
Die adjunk-direkteurgeneraal van die tesourie
'n Politieke joernalis van City Press
Die adjunkminister van finansies
Die Mej. VSA-wedstryd het iets afgeskaf wat in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie sal voortgaan. Wat is dit?
Die swembroek-kompetisie
Tiaras
Die vraag-en-antwoord-afdeling
Watter mylpaalverjaardag het die sanger Lance James gevier?
70
75
80
Gewilde sepie-sterre soos Irshaad Ally, Danny Ross en Sandi Shultz is te sien in die nuwe fliek Nommer 37. Waaroor gaan dié hoog aangeskrewe prent?
Dis ’n spanningsfilm wat op die Kaapse Vlakte afspeel.
Nommer 37 is ’n spookhuis op ’n verlate Vrystaatse myndorp.
€�n Atleet wat met nommer 37 op sy rug hardloop
Watter kossoorte het die sangeres Corlea uitgeskakel en in die proses 10 kg afgeskud?
Stysel en suiker
Hoëvet-kos
Vleis, vis en hoender
Wat het gebeur met Green Lake, die grootste varswatermeer op Hawaii, toe die lawa van die Kilauea-vulkaan daar aankom?
Dit het bloedrooi geword.
Dit het verdamp.
Dit het in dik, grys modder verander.
Watter bekende katkarakter word volgende week veertig?
Garfield
Tom
Sylvester
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 5-11 Junie 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"By watter bekende skool het die ouers om die skool gestap (soos die Israeliete om Jerigo) en gebid dat die skool van politiek gereinig word?, In watter stad het die G7-beraad die afgelope naweek plaasgevind?, Die afkorting NoKo is deesdae oral te sien. Waarvoor staan dit?","img":"https://cdn.poll-maker.com/30-1055249/bederf-ad.jpg?sz=1200-00000000001000007500"}
Powered by: Quiz Maker