Huisgenoot-nuusvasvra: 10-16 April 2019

Watter atleet/atlete het meer as een goue medalje by die Statebondspele gewen (meer as een antwoord is moontlik)?
Caster Semenya
Tatjana Schoenmaker
Chad le Clos
Akani Simbine
Hoekom is ’n Suid-Afrikaanse sakeman pas in Doebai in hegtenis geneem?
Hy het ’n video op sosiale media versprei van die voortvlugtige Ajay Gupta in Doebai.
Hy het ’n meisie na sy hotelkamer genooi.
Hy het ’n kragwoord in die openbaar gebruik.
Deur watter nuwe bedreiging word die Boulders-pikkewyne, ’n groot toeriste-attraksie in die Kaap, in die gesig gestaar?
Voëlgriep
Seeleeus
Toeriste wat selfies saam met hulle neem
Die Universiteit van Johannesburg het ’n eredoktorsgraad aan die 82-jarige Esther Mahlangu toegeken. Waarvoor is Mahlangu internasionaal bekend?
Haar Ndebele-geïnspireerde kunswerke
Haar Afrika-jazz-komposisies
Haar navorsing op die gebied van tuberkulose
Hoekom het prins Harry en Meghan Markle nie vir Theresa May, Barack Obama óf Donald Trump na hul troue genooi nie?
Hulle hou nie van dié politici nie.
Hulle wil politieke onderonsies op hul mooiste dag vermy.
Hulle het besluit om geen politici hoegenaamd te nooi nie.
Watter dogter van Winnie Mandela het ’n opspraakwekkende toespraak op haar begrafnis Saterdag gehou?
Zenani Mandela-Dlamini
Zindzi Mandela-Hlongwane
Albei
Op watter land het Amerika, Frankryk en Brittanje Vrydagaand bomme gegooi?
Iran
Sirië
Rusland
Wie het pas die gesogte Hertzog-letterkundeprys gewen?
Pieter-Dirk Uys
Antjie Krog
Willem Anker

Hoekom het ’n pa van Port Elizabeth sy baba van sy plakkershut se dak afgegooi?

Hy was ontsteld en gefrustreerd omdat sy huis afgebreek sou word.
Hy kon die baba se gehuil nie meer hanteer nie.
Hy het nie die baba gegooi nie; die baba het uit sy arms geglip.
Watter bekende Afrikaanse sanger het in ’n stadium regs langs die Guptas in Saxonwold, Johannesburg gewoon?
André Schwartz
Jannie Moolman
Amor Vittone
Wat het pres. Donald Trump die oud-FBI-hoof James Comey in twiets genoem na aanleiding van Comey se boek waarin hy Trump kwaai slegsê?
Slimeball
Jimmy Junk
Crimeboss Comey
Hoekom het die sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay, besluit om uit die Kaap terug Pretoria toe te trek?
Hulle wil nader aan vriende en familie wees.
Hul kinders het sinusaanvalle in die Kaap gekry.
Hulle wil op ’n plek met meer reën woon.
Van watter staatsdepartement was wyle adv. Zola Skweyiya op sy dag NIE die minister NIE?
Staatsdiens en administrasie
Maatskaplike ontwikkeling
Justisie en korrektiewe dienste
Hoekom word die Guptas se privaat straler in Gauteng in bewaring gehou?
Die Guptas is agter met afbetalings op die vliegtuig, wat tot ’n Britse hofsaak gelei het wat nog moet plaasvind.
Die Valke het beslag op die Guptas se eiendom gelê om Estinaprojek-geld terug te kry en die vliegtuig maak deel daarvan uit.
Die Russe wil beslag lê op die vliegtuig tot tyd en wyl hul kernkrag-kontrak met SA uitgesorteer is.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 10-16 April 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Watter atleet\/atlete het meer as een goue medalje by die Statebondspele gewen (meer as een antwoord is moontlik)?, Hoekom is ’n Suid-Afrikaanse sakeman pas in Doebai in hegtenis geneem?, Deur watter nuwe bedreiging word die Boulders-pikkewyne, ’n groot toeriste-attraksie in die Kaap, in die gesig gestaar?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker