Huisgenoot-nuusvasvra: week van 1-7 Mei 2017

Daar was Donderdag konsternasie toe dit bekend word ’n spesiale vergadering is in die Buckingham-paleis gehou. Wat is ná die vergadering aangekondig?
Koningin Elizabeth oorhandig uiteindelik die kroon aan haar oudste seun, prins Charles.
Prins Philip tree uit die openbare lewe.
Prins Harry trou oor ses maande met die Amerikaanse aktrise Meghan Markle.
Die gevierde skrywer Karel Schoeman het in ’n brief wat ná sy selfdood bekend gemaak is, aangedui dat hy hoop publisiteit rondom sy sterfte sal . . . Tot gevolg hê.
Goeie verkope van sy laaste roman
Die wettiging van "selfbeskikking" in SA, veral in die sin van genadedood
Vinnige afhandeling van sy testament
Waar is die Wêreld-Ekonomiese Forum oor Afrika die afgelope week gehou?
Davos, Switserland
Durban, Suid-Afrika
Johannesburg, Suid-Afrika
Pres. Jacob Zuma is op Werkersdag in Bloemfontein so uitgejou dat hy nie ’n spreekbeurt kon kry nie. Watter stelling oor die voorval is NIE waar nie?
Dis die eerste keer dat Zuma uitgejou word terwyl hy ’n toespraak by ’n groot saamtrek lewer.
Dis die eerste keer dat enige SA president sedert 1994 gekeer is om by ’n groot saamtrek te praat.
Dis die eerste keer dat Zuma buite Gauteng geboe is.
Die pas verkose Franse president, Emmanuel Macron, is 39 jaar oud. Hoe oud is sy vrou, Brigitte?
21
50
64
Die sanger Piet Botha het sy rug gebreek toe hy op Margate van die verhoog afgeval het. Hoekom het hy geval?
Hy het duiselig geword.
Hy het skeefgetrap.
Een van sy groeplede het hom per abuis gestamp.
Watter landshoof is die afgelope week deur pres. Donald Trump van Amerika ’n “smart cookie” genoem?
Kim-Jong Oen van Noord-Korea
Hage Geingob van Namibië
Xi Jinping van China
Watter wilde diersoort is volgens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging tans gewilde troeteldiere in Gauteng?
Tiers
Leeus
Renosters
Hoekom is die kleinhandelgroep Edcon (wat onder meer Edgars besit) in die pekel?
Hulle moet miskien biljoene terugbetaal aan klubgeld wat hulle volgens die Nasionale Verbruikerstribunaal onwettig gehef het.
Die regering wil hulle nasionaliseer as deel van hul program om die ekonomie radikaal te transformeer.
Die groephoofde het biljoene se bonusse aan hulleself betaal.
€n Springbokrugbylegende van die 1960’s het ná ’n ernstige hartaanval in die hospitaal beland. Wie is dit?
Frik du Preez
Dawie de Villiers
Mannetjies Roux
’n Bekende staatshoof het gewys hy’s in sy hart ’n nerd deur Stars Wars-dag op 4 Mei te vier deur Star Wars-sokkies te dra. Wie was dit?
Justin Trudeau van Kanada
Donald Trump van Amerika
Sjinzo Abe van Japan
Aan die sy van watter sportman word die sangeres Nádine deesdae van tyd tot tyd gesien?
Derick Hougaard
Chad le Clos
Mark Fish
Die rapper Simon Witbooi het ’n boek die lig laat sien met die titel God Praat Afrikaans. Ons ken Simon beter as . . . , sy verhoognaam.
Hemelbesem
Jack Parow
Hoppende Hippie
Suid-Afrikaans het die afgelope maande sommer ’n hele klomp afkortings bygekry. Waarvoor staan WMC?
White Monopoly Capital
White Men Crying
Weapons of Mass Corruption
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 1-7 Mei 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Daar was Donderdag konsternasie toe dit bekend word ’n spesiale vergadering is in die Buckingham-paleis gehou. Wat is ná die vergadering aangekondig?, Die gevierde skrywer Karel Schoeman het in ’n brief wat ná sy selfdood bekend gemaak is, aangedui dat hy hoop publisiteit rondom sy sterfte sal . . . tot gevolg hê., Waar is die Wêreld-Ekonomiese Forum oor Afrika die afgelope week gehou?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker