Huisgenoot-nuusvasvra: 31 Julie-5 Augustus 2018

Wat het Julius Malema by die EFF se verjaardagvieringe afgeskiet?
€�n Geweer
€�n Klapper
Die ANC se grondonteieningsplan
Watter beleërde burgemeester het die naweek haar bedanking aangekondig?
Patricia de Lille, Kaapstad
Athol Trollip, Nelson Mandelabaai
Olly Mlamleli, Mangaung
Wyle genl. Magnus Malan se naam verskyn in ’n skokboek oor die beweerde pedofiel-bedrywighede van sommige apartheidsministers. Watter bynaam het Malan in die boek?
Ore
Oom Generaal
Magtag Malan
’n Amerikaanse regter het die publikasie stopgesit van bloudrukke waarmee mense . . . met ’n 3D-drukker kan vervaardig.
Gewere
Make America Great Again-pette
McDonald’s-burgers
Wat het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand laat op TV aangekondig?
Dat die Grondwet gewysig gaan word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak
€�n Kabinetskommeling
Dat hy oor ses maande uit die politiek tree
Hoe het diewe ’n haai vermom sodat hulle hom uit ’n akwarium in Texas, Amerika, kon smokkel?
Soos ’n baba in ’n stootwaentjie
Soos ’n see-anemoon
Soos ’n pasiënt in ’n ambulans
Watter hutsteken word gebruik vir protesoptogte in Suid-Afrika oor geslagsgebaseerde geweld?
#TotalShutDown
#MenAreTrash
#MyBodyNotYourCrimeScene
Die Crusaders het SA se Leeus die naweek in die Superrugby-eindstryd geklop. In watter stad is hulle gebaseer?
Christchurch, Nieu-Seeland
Canberra, Australië
Wellington, Nieu-Seeland
Met watter bose Disney-karakter het Samantha Markle haar halfsuster Meghan, die hertogin van Sussex, op Twitter vergelyk?
Cruella de Vil
Die Evil Queen
Madam Medusa
Ivan Botha en Donnalee Roberts se nuutste fliek, Stroomop, begin vandeesweek draai. Watter rivier is ook ’n karakter in die prent?
Oranjerivier
Vaalrivier
Tugelarivier
Wat is die naam van die opposisieleier wie se party-alliansie volgens aanduidinge die Zimbabwiese verkiesing verloor het?
Nelson Chamisa
Tendai Biti
Emmerson Mnangagwa
Waarvoor het prinses Eugenie van Brittanje pas ’n aanhaling deur Nelson Mandela ingespan?
Op uitnodigings na haar troue
Op die openingsblad van haar debuutroman
By ’n skildery in die kunsgalery waar sy werk
Watter liedjie was ’n treffer vir die sanger Dozi, wat pas sy verlowing aangekondig het?
Grassade
Spieëltjie
Bicycle Sonder ’n Slot
Watter bekende aksiekarakter vertolk Tom Cruise in die nuutste Mission: Impossible-fliek, Mission: Impossible - Fallout?
Ethan Hunt
Jack Reacher
Jason Bourne
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 31 Julie-5 Augustus 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"By watter bekende skool het die ouers om die skool gestap (soos die Israeliete om Jerigo) en gebid dat die skool van politiek gereinig word?, In watter stad het die G7-beraad die afgelope naweek plaasgevind?, Die afkorting NoKo is deesdae oral te sien. Waarvoor staan dit?","img":"https://cdn.poll-maker.com/30-1055249/bederf-ad.jpg?sz=1200-00000000001000007500"}
Powered by: Quiz Maker