Huisgenoot-nuusvasvra: 31 Julie-6 Augustus 2017

Die Suid-Afrikaner Stephen McGown is ná ’n gyselaarskap van ses jaar deur Al-Kaïda vrygelaat. In watter land is hy aangehou?
Mali
Jemen
Sirië
Die akteur en sanger Dumi Masilela is in ’n mislukte kaping vermoor. In watter sepie het hy gespeel?
Rhythm City
Isidingo
Isibaya
Karen Zoid volg binnekort in die voetspore van internasionale sangers soos Beyoncé en Drake deur die eerste SA sanger te word wat . . .
€�n Visuele album op iTunes uitreik
Aan ’n tweeling die lewe skenk
Haar nuwe album op ’n langspeelplaat bekendstel
Hoekom was die SA atleet Luvo Manyonga die naweek in die nuus by die Wêreldkampioenskapstoernooi in Londen?
Hy was een van die twee atlete wat vir Usain Bolt in Bolt se afskeidswedloop gewen het.
Hy het goud gewen en so die verspring-wêreldkampioen geword.
Hy is een van die hekkieatlete wat deur ASA by die huis gelos is omdat daar verkeerdelik gemeen is hulle is nie vinnig genoeg om in Londen te kwalifiseer nie.
Watter Suid-Amerikaanse land staan volgens kenners op die rand van ’n burgeroorlog ná ’n omstrede referendum?
Venezuela
Colombia
Ecuador
Hoekom het Facebook die afgelope week twee kunsmatig intelligente robotte stopgesit?
Hulle het hul eie taal ontwikkel.
Hulle het fopnuus ontwikkel.
Hulle het suggestiewe aanmerkings teenoor lewendige Facebook-gebruikers gemaak.
Karlien van Jaarsveld stel nou ook ’n modereeks bekend. Wat is die eerste item wat sy beskikbaar gestel het?
€�n T-hemp
€�n Kraamlangbroek
Nagkabaai
Wie is Kim Davids?
Die persoonlik assistent van min. Lynn Brown wat weens haar Gupta-bande afgedank is
Pres. Donald Trump se nuwe perssekretaris
Die aktrise wat die hoofrol in die nuwe Afrikaanse fliek Krotoa vertolk.
Nog iemand wat die afgelope week gepos is, is pres. Donald Trump se nuwe kommunikasiedirekteur, Anthony Scaramucci. Hoe lank het hy dié pos beklee?
10 dae
12 dae
14 dae
Die Rwandese president is Vrydag vir ’n derde ampstermyn gekies. Wat is sy naam?
Paul Kagame
Joseph Kabila
Edgar Lungu
Wat kon volgens oudmin. Pravin Gordhan gedoen gewees het met die beweerde R100 biljoen wat deur staatskaping uit die stelsel verwyder is?
Maatskaplike toelaes kon verdubbel gewees het.
Dit kon die studie- en verblyfkoste van 500 000 studente vir drie jaar heeltemal dek.
Pres. Jacob Zuma kon 200 Nkandlas in Londen gebou het.
Noord-Korea het taamlike konsternasie veroorsaak omdat die land ’n interkontinentale ballistiese missiel getoets het wat tot by . . . Kan vlieg.
New York
Beijing
Die Internasionale Ruimtestasie
’n Boek oor die lewe van wyle Joost van der Westhuizen - In die Skadu van ’n Legende – word eersdaags bekend gestel. Wie het dit geskryf?
Sy broer, Pieter van der Westhuizen
Sy vervreemde vrou, Amor Vittone
Sy eerste vrou, Marlene Duvenhage
Die waarheid is uiteindelik uit: Ivan Botha en Donnalee Roberts van Pad Na Jou Hart en Vir Altyd is ’n paartjie. Waar het hulle amptelik verloof geraak?
In Nederland
Op Mauritius
In ’n kar op pad Kaapstad toe
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 31 Julie-6 Augustus 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die Suid-Afrikaner Stephen McGown is ná ’n gyselaarskap van ses jaar deur Al-Kaïda vrygelaat. In watter land is hy aangehou?, Die akteur en sanger Dumi Masilela is in ’n mislukte kaping vermoor. In watter sepie het hy gespeel?, Karen Zoid volg binnekort in die voetspore van internasionale sangers soos Beyoncé en Drake deur die eerste SA sanger te word wat . . .","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker