Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 November 2018

Demi Lee Moore het die musiektalentkompetisie Die Kontrak gewen. Wie het die reeks aangebied?
Bobby en Karlien van Jaarsveld
Francois van Coke en Karen Zoid
Jack Parow en Yolandi Visser
Die Springbokke het Saterdag teen . . . met 20-11 verloor.
Wallis
Engeland
Frankryk
Watter twee ministeries is saamgevoeg in pres. Cyril Ramaphosa se onlangse kabinetskommeling?
Kommunikasie; telekommunikasie en posdienste
Basiese onderwys; hoër onderwys en opleiding
Menslike nedersettings; landelike ontwikkeling en grondhervorming
Hoe oud het Oscar Pistorius pas in die tronk geword?
30
31
32
Wat noem die EFF vir min. Pravin Gordhan in hul woedende veldtog teen hom?
Joshua Doore
Mr Bradlow
Mr Russell
Watter versekeringsmaatskappy het onder hewige kritiek deurgeloop nadat hulle geweier het om die lewensdekking uit te betaal van ’n man wat deur kapers doodgeskiet is?
Momentum
Liberty
Old Mutual
Wat is verlede jaar vir R500 op ’n Pietermaritzburgse veiling verkoop saam met ’n metaalkreef, ’n bronsplaat en ’n ou klankopnemer?
€�n Lank vermiste skildery van die Britse skrywer Charles Dickens
€�n Bottel van die brandewyn wat in 1672 aan boord die Nederlandse skip De Pijl in Tafelbaai-hawe gestook is
€�n Oorspronklike brief deur Piet Retief
Watter bekende Suid-Afrikaanse akteur word gehoor in Disney se nuwe realistiese Lion King-fliek, waarvan die lokprent verlede week uitgekom en al 10 miljoen keer gekyk is?
John Kani
Charlize Theron
Arnold Vosloo
€�n Amerikaner is met pyle doodgeskiet toe hy ’n bedreigde stam op ’n Indiese eiland wou besoek om wat te doen?
Hy wou die stam tot die Christendom bekeer.
Hy wou ’n kliniek op die eiland oprig.
Hy wou ’n skool op die eiland oprig.
Watter internasionale superster tree Sondag in Johannesburg op?
Beyoncé
Taylor Swift
Madonna
Watter Finse voorbeeld moet Kalifornië volgens pres. Donald Trump volg om die gevaar van brande te beperk?
Hulle moet blare in woude weghark.
Hulle moet ’n dam in die middel van elke woud bou.
Hulle moet woude uitkap.
Wie of wat is Sgameka Trading Pty Ltd?
€�n Beweerde swartfonds waarin VBS Mutual Bank glo geld onwettig gestort en wat na bewering aan die EFF en van sy leiers uitbetaal is
Die maatskappy wat volgens Julius Malema gebaat het by regeringskontrakte omdat min. Pravin Gordhan se dogter op die direksie daarvan was
Die Australiese maatskappy wat ondanks wye protes titaan in die Oos-Kaap wou ontgin, maar nou deur die hof verbied is om dit sonder toestemming van die plaaslike gemeenskap te doen
Waar het NASA se InSight-ruimtetuig Maandagaand geland?
Mars
Die maan
Die asteroïed Ceres
Hoekom het ’n storm losgebars om John Steenhuisen, DA-sweep in die parlement?
Dit het bekend geword dat hy nie ’n naskoolse kwalifikasie het nie.
Hy het in ’n Twitter-trol ontaard wat sy kritici meedoënloos gekoggel en beledig het.
Dit het bekend geword dat hy ’n VBS-bankrekening gehad het.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 November 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker