Huisgenoot-nuusvasvra: 27 Maart-2 April 2017

Volgens ’n belangrike uitspraak in die Wes-Kaapse hooggeregshof moet die SA wet verander word om die volgende moontlik te maak:
Die verkoop van dagga in spesiale winkels en restaurante
Die kweek, besit en gebruik van dagga tuis, mits dit vir privaat gebruik is
Die algehele dekriminalisering van daggagebruik en -verspreiding
Die gerespekteerde struggle-held Ahmed Kathrada is oorlede. Watter mede-oudstryder en oudpolitikus was sy lewensmaat?
Barbara Hogan
Barbara Masekela
Cheryl Carolus
Hoeveel ministers is Donderdagnag deur pres. Jacob Zuma gepos?
Vyf
Nege
Tien
Watter ANC-swaargewig het die afgelope week NIE gevra dat Suid-Afrikaners teen Zuma in opstand kom nie?
Pravin Gordhan, afgedankte minister van finansies
Jackson Mthembu, hoofsweep
Barbara Hogan, oudminister van gesondheid en van openbare werke
Die drie stellings hieronder is deur ANC- en SAKP- hoës gemaak. Watter een is deur adj.-pres. Cyril Ramaphosa?
Die ANC moet kies tussen Suid-Afrika en die Guptas.
Dit is tyd dat die mense van Suid-Afrika hul stemme dik maak en teen Zuma opstaan.
Die afdanking van Pravin Gordhan weens ’n ongegronde intelligensieverslag is geheel en al onaanvaarbaar.
Waarom het die voorblad van die Britse The Daily Mail oor die samesprekinge tussen die Britse premier, Theresa May, en die Skotse eerste minister, Nicola Sturgeon, ’n storm op Twitter veroorsaak?
Pleks van oor hul ingewikkelde Brexit-gesprek te berig, het die koerant geskryf oor die feit dat albei vroue kinderloos is.
Pleks van oor hul ingewikkelde Brexit-gesprek te berig, het die koerant oor hul mooi bene geskryf.
Dis Twitter, mense het nie ’n verskoning nodig om gif te spoeg nie.
Hoe gaan die DA optree teen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, weens haar twiets en ander uitlatings oor kolonialisme?
Hulle gaan tugstappe teen haar doen.
Haar privaat Twitter-rekening word gesluit en sy mag nooit weer twiet nie.
Sy gaan ernstig oor die kole gehaal word maar geen tugstappe sal plaasvind nie.
Hierdie drie hoofopskrifte het almal vandeesweek in die media verskyn. Watter een is die Aprilgrap?
Obama gaan ingryp in die SA politiek
Inbreker raak broek om die enkels in heining verstrik
Kongres oor honde in die literatuur van Suider-Afrika
Wie is die snaaksste SA TV-persoonlikheid, volgens ’n meningsopname deur die TV-kanaal Comedy Central?
Suzelle DIY
John Vlismas
Trevor Gumbi
Wat is die grootste oorsaak van kanker, volgens navorsing by die Johns Hopkins-universiteit in Amerika?
Toevallige kopieerfoute in ons DNS
Leefstyl
Oorerwing
Twee tienermeisies is verbied om aan boord ’n vliegtuig van United Airlines in Amerika te gaan. Hoekom?
Hulle het sakmesse in hul handsakke gehad.
Hulle het spanbroeke gedra.
Hulle het Trump-T-hemde aangehad.
Die akteur Sean Else het foto’s op sosiale media gedeel van sy seuntjie, Noah, se vierde verjaardag. In watter land woon Sean en sy gesin deesdae?
Mauritius
Botswana
Namibië
Die oudrugbybaas Cheeky Watson is in hegtenis geneem. Op watter aanklag, onder meer?
Geldwassery
Aanranding
Haatspraak
Vir wie moet die Proteas bedank dat hulle die kriekettoetsreeks teen Nieu-Seeland gewen het?
Die weer
JP Duminy
€�n Kiwi-maagkiem
€�n Boek uit die pen van die sangeres en aktrise Nadia Beukes het pas verskyn. Wat is die titel?
Paaie van Hoop
Boere en hul Vroue
Oorwin Depressie
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 27 Maart-2 April 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Volgens ’n belangrike uitspraak in die Wes-Kaapse hooggeregshof moet die SA wet verander word om die volgende moontlik te maak:, Die gerespekteerde struggle-held Ahmed Kathrada is oorlede. Watter mede-oudstryder en oudpolitikus was sy lewensmaat?, Hoeveel ministers is Donderdagnag deur pres. Jacob Zuma gepos?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker