Huisgenoot-nuusvasvra: 1-7 Junie 2019

Die geliefde rocker Piet Botha is oorlede. Wat is een van sy ikoniese treffers?
Suitcase Vol Winter
€�n Pot Vol Winter
Dis Winter in my Hart
’n Boek oor die intieme liefdeslewe van die skrywer . . . Is besig om landwyd opspraak te wek.
André P. Brink
Deon Meyer
Joan Hambidge
Terwyl die Proteas swaarkry in die Wêreldbeker, het dit bekend geword dat . . . . Se aanbod om vir die span te speel, voor die toernooi van die hand gewys is.
AB de Villiers
Fanie de Villiers
Jean de Villiers
Hoe het min. Pravin Gordhan agtergekom die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, wil hom dwing om op die bewerings teen hom te reageer?
Sy het dit in ’n YouTube-video aangekondig.
Sy het ’n amptelike kennisgewing aan hom en sy prokureurs beteken.
Sy het vir hom ’n SMS gestuur.
Waar of onwaar: Caster Semenya mag voorlopig weer aan atletiek deelneem sonder om haar testosteroonvlak te verlaag.
Waar
Onwaar
Die 30-jarige herdenking van watter gebeurtenis het Dinsdag plaasgevind?
Die Tianamenplein-slagting in China
D-Dag
Die val van die Berlynse muur
Wie is deur pres. Donald Trump “nasty” genoem toe hy verneem dat sy destyds gedreig het om Amerika te verlaat as hy president sou word?
Meghan Markle
Meryl Streep
Bette Midler
Die berugte ‘Afspraakmoordenaars’ is skuldig bevind aan tot 11 moorde. In watter omgewing is die moorde gepleeg?
Krugersdorp
Klerksdorp
Humansdorp
Hierdie land se militêre mag het op betogers losgebrand en tientalle doodgeskiet.
Soedan
Venezuela
Indonesië
Die sanger Coenie de Villiers het pas ’n Sama vir sy album Pure Coenie gewen. In watter kategorie het hy gewen?
Beste kontemporêre album
Beste popalbum
Beste manlike kunstenaar
Dit was ’n week van slegte ekonomiese nuus, en teenstrydige ANC-verklarings oor die . . . Het sake nóg ingewikkelder gemaak.
Reserwebank
Zondo-kommissie
Inkomstediens
Hoekom het Suid-Afrikaners ’n halfmiljoen rand vir ’n petroljoggie ingesamel?
Hy het uit sy eie sak R100 se petrol vir ’n klant ingegooi.
Hy het eiehandig ’n motorkaping voorkom by die petrolstasie waar hy werk.
Hy het ’n baba net betyds gegryp voor sy voor ’n bewegende motor ingekruip het.
Watter sangeres is pas deur die tydskrif Forbes as die rykste vroulike musikant ter wêreld aangewys?
Rihanna
Beyoncé
Lady Gaga
Wat is die naam van Huisgenoot se tweede fliek, wat tans gemaak word en wat weer oor die liefdesverhaal van twee lesers handel?
Vergeet My Nie
Onthou My Altyd
Vergeet Om My Te Vergeet
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 1-7 Junie 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker