Huisgenoot-nuusvasvra: 19-25 Februarie 2019

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah het Sondag by die Oscars in Xhosa gepraat en toe vir die gehoor vertel sy woorde beteken “In tye soos hierdie is ons sterker as ons saamstaan”. Wat het hy egter eintlik in Xhosa gesê?
“Wit mense weet nie ek lieg nie.”
€�Liewe gehoor, julle president is ’n idioot.”
€�Wat het Charlize Theron met haar hare gaan staan en aanvang?”
By watter hof het die atleet Caster Semenya die afgelope week aangeklop om appèl aan te teken teen die beplande regulering van haar (en ander se) testosteroonvlak?
Internasionale Hof vir Sportarbitrasie
Gelykheidshof
Afrikahof vir Mense- en Volksregte
Watter sanger het die afgelope week tegelyk die eerste drie plekke op die Amerikaanse Billboard Hot 100-trefferlys beklee – die eerste wat dit sedert die Beatles in 1964 kon regkry?
Ariana Grande
Post Malone
Cardi B
Watter soogdier is die eerste wat weens klimaatsverandering uitgesterf het?
Bramble Cay-rot
Alpynse steenbok
Arktiese konyn
Watter land het pas die eerste uit Asië geword wat daarin kon slaag om ’n toetsreeks teen die Proteas in Suid-Afrika te wen?
Sri Lanka
Indië
Pakistan
Pres. Cyril Ramaphosa het pas ’n tribunaal van agt regters aangekondig wat . . .
Sake van die Spesiale Ondersoekeenheid moet help aanhoor ten einde geld vinniger terug te kry wat weens staatskorrupsie verloor is.
Sal besluit watter eiendomme sonder vergoeding onteien mag word en wat nie.
Groot belastingoortreders sal verhoor sodat die SAID so vinnig moontlik die biljoene kan terugverdien wat onder Tom Moyane verloor is.
Waar het Meghan, hertogin van Sussex, haar ooievaarspartytjie gehou?
New York
Windsor
Los Angeles
Waarom is die omstrede maatskappy Bosasa (deesdae African Global Operations) pas in likwidasie geplaas?
FNB en Absa weier om van Maart af met hulle sake te doen.
Hulle het oornag al hul kontrakte met die Departement van Korrektiewe Dienste verloor.
Al hul direkteure is in hegtenis geneem.
Watter oud-Mej. SA het pas haar 50ste verjaardag gevier?
Suzette van der Merwe
Amy Kleinhans
Sandy McCormack
. . . , die maatskappy waarvan Juanita du Plessis se man, Doepie, ’n direkteur was, is na bewering in die skuld by verskeie kunstenaars.
Pow
Wow
Pow-wow
Watter fliek het die naweek die Oscar vir beste prent gewen?
Green Book
Black Panther
Red Shoes
Die stompkopkewer is besig om verwoesting in Suid-Afrika te saai onder . . . .
Bome in Johannesburg
Houtvloere in geskiedkundige Pretoriase geboue
Die Mayibuye-argiewe in Kaapstad
Noem een van die waarskynlike erfgename van die modeontwerper Karl Lagerfeld se miljoene.
Sy kat, Choupette
Die Pasteur-instituut, vir navorsing oor langlewendheid
70 vreemdelinge uit die Paryse telefoongids
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 19-25 Februarie 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker