Huisgenoot-nuusvasvra: 27 April - 3 Mei 2019

Wat is die gevolg van die hofaansoek wat Caster Semenya Woensdag verloor het?
Sy moet van 8 Mei af medikasie gebruik wat haar testosteroonvlak verlaag.
Sy mag van 8 Mei nie meer aan enige vroueatletiek deelneem nie.
Sy verloor al die titels wat sy gewen het.
Wat word gevier op Koningsdag, wat op 27 April in Nederland plaasgevind het?
Die verjaardag van die koning
Die dag waarop Nederland ’n koninkryk geword het
Nederland se onafhanklikheid van Spanje
Met hoeveel per liter het die petrolprys die afgelope week gestyg?
44c
54c
64c
Watter bekende het NIE die afgelope naweek getrou NIE?
Mathys Roets
Burgerd Botha
Toks van der Linde
Meer as 270 Indonesiërs het in die land se verkiesing gesterf. Hoekom?
Hulle was verkiesingsamptenare wat hulleself doodgewerk het.
Hulle is dood in verkiesingsgeweld wat landwyd tussen mededingende partye uitgebreek het.
Hulle is dood in ’n massaskietvoorval in die hoofstad, Djakarta.
Wat gaan binnekort op Facebook beskikbaar wees?
€�n Funksie wat jou en ’n Facebook-vriend op wie jy verlief is, by mekaar kan uitbring
€�n Kennisgewing wanneer iemand jou ontvriend
Kletskamers waar jy aan virtuele gesprekke kan deelneem
Watter bekende het op haar voormalige man se besittings beslag laat lê?
Karlien van Jaarsveld
Leandie du Randt
Angelina Jolie
Nog ’n week, nog ’n sikloon. In watter land het sikloon Fani Vrydag toegeslaan?
Indië
Mosambiek
Madagaskar
Die SA Inkomstediens se nuwe hoof het vandeesweek ingeval. Wat is sy naam?
Ed Kieswetter
Tom Moyane
Mark Kingon
Watter internasionale musiekster het pas geskiedenis gemaak deur die meeste pryse ooit op een aand by die Billboard-musiekprysaand te wen?
Drake
Ariana Grande
Beyoncé
Charlize Theron het weer op Amerikaanse TV Afrikaans gepraat. Wat het sy vir haar mede-akteur, Seth Rogan, gesê?
€�Jy is ’n baie oulike ou!”
€�Kom ek en jy maak vanaand ’n braaitjie.”
€�Jy is gans te groot vir jou skoene!”
Hoe oud het prinses Charlotte van Cambridge vandeesweek geword?
Drie
Vier
Vyf
Noorse vissermanne was verbaas toe ’n taamlike mak witwalvis hulle kom groet het. Watter vreemde item het die walvis gedra?
€�n Russiese harnas
€�n Pluiskeil
€�n Chinese opspoorder
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 27 April - 3 Mei 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker