Huisgenoot-nuusvasvra: 8-14 Junie 2019

Die sanger Heinz Winckler word oor ’n paar maande vir die vierde keer pa. Hoe is die verwagte baba aangekondig?
Op Facebook
In 'n nuwe liedjie
In 'n volblad-advertensie in Rapport
Wie is die enigste wat haar uit haar pos kan verwyder, aldus die Openbare Vervolger, Busisiwe Mkhwebane?
God
Pres. Cyril Ramaphosa
Die dood
Watter bekende mens met die van Basson het die afgelope week te sterwe gekom?
Christine
Wouter
Whitey
In watter Suid-Afrikaanse buurland is seksuele omgang met iemand van dieselfde geslag sedert Dinsdag nie meer ’n misdaad nie?
Botswana
Mosambiek
Zimbabwe
Ace Magashule word betrek by ’n saak wat ’n ANC-komitee gaan ondersoek. Watter saak is dit?
Die stigting deur ANC-lede van ’n party wat teen die ANC in die verkiesing deelgeneem het
Die ineenstorting van die Estina-suiwelprojek by Vrede
Tenderbedrog in die Vrystaat
Watter politieke ampsdraers moet voortaan van openbare vervoer gebruik maak wanneer dit goedkoper is as om ’n motor te huur?
Munisipale ampsdraers
Ministers
Parlementslede
Betogings het hier losgebars in reaksie op ’n wetsontwerp waarvolgens vlugtelinge aan China uitgelewer kan word.
Hongkong
Taiwan
Filippyne
Die sanger Jacques de Coning is in ’n motorongeluk oorlede. In watter sport was sy pa en broer, albei Basil genoem, bekend?
Rugby
Krieket
Tennis
’n Vriendskapsboom wat in die Withuis-tuin deur pres. Donald Trump en . . . Geplant is, het gevrek.
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk
Pres. Andrés Obrador van Mexiko
Pres. Xi Jinping van China
Wie is Heinrich Gabler?
Die pas verkose Mnr. Suid-Afrika
Die nuwe president van Oostenryk
Verrassingswenner van die Franse Ope
Watter Britse koninklikes gaan Suid-Afrika later vanjaar besoek?
Harry en Meghan
William en Catherine
Charles en Camilla
Hoe moet onderwysers hulleself begin beskerm, aldus die vakbond Educators Union of South Africa?
Hulle moet gewere saamneem skool toe.
Weermaglede moet as hul lyfwagte aangestel word.
Lyfstraf moet teruggebring word.
Watter gekoopte kos wat as gesondheidskos beskou word, is volgens nuwe navorsing heeltemal te soet?
Babakos
Slaaisouse
Sojaworsies
Ons kry elke week sowat 5 g plastiek in, volgens ’n nuwe studie. Wat is NIE een van die grootste bronne daarvan NIE?
Kraanwater
Bottelwater
Seevisse
Wie is die enigste vrou op Forbes se lys van die rykste atlete?
Serena Williams
Maria Sharapova
Venus Williams
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 8-14 Junie 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker