Huisgenoot-nuusvasvra: week van 17-23 April 2017

Wat is die naam van die enorme gebedsaamtrek wat die evangelis Angus Buchan Saterdag naby Bloemfontein gehou het?
It’s Time
God Save the Country
Prayer Like Potatoes
Nou die dag het hulle ’n gay-soen gewys, nou verskuif die sepie 7de Laan nog ’n grens. Wat was dit?
Hulle het ’n storielyn met ’n transgender-karakter geskep, vertolk deur ’n transgender-akteur.
Een van die karakters gaan poedelkaal in ’n stort verskyn.
Oudmin. Pravin Gordhan gaan ’n kameerolletjie vertolk.
Wat het die Britse premier Theresa May verlede Dinsdagoggend aangekondig?
€�n Britse verkiesing oor ’n paar weke
Haar bedanking
Die afskaffing van Nasionale Vis-en-tjips-dag
Hoeveel verdien die oud-SAUK-hoof Hlaudi Motsoeneng per maand terwyl hy heeldag by die huis sit??
R100 000
R250 000
R350 000
Altesaam 20 kinders is dood in ’n tragiese busongeluk terwyl hulle onderweg was van hul skool in Gauteng na hul huise net anderkant die grens in Mpumalanga. Waarom het hulle in Gauteng skoolgegaan?
Al die skole in Mpumalanga was vol.
Hulle wou in Zoeloe skoolgaan maar kon dit slegs in Gauteng doen.
Hul ouers het gemeen die Gauteng-skool is van ’n beter gehalte.
Wie loop volgens politieke ontleders tans voor in die ANC-leierskapstryd wat aan die einde van die jaar beslis word?
Nkosazana Dlamini-Zuma
Cyril Ramaphosa
Zweli Mkhize
Prins Harry van Brittanje het die afgelope week onthul dat hy sielkundige terapie ondergaan het. Hoekom?
Om hom te help om die dood van sy ma, prinses Diana, te bowe te kom
Om hom te help om die stres te hanteer wat deel is van die lewe van ’n openbare figuur
Om hom te help om die post-traumatiese stres te hanteer wat hy in die oorlog in Afghanistan opgedoen het
Wie het gesê: “Ek is moeg, maar ek gaan nie ophou baklei vir wat my kinders toekom nie.”
Amor Vittone
Brad Pitt
Karlien van Jaarsveld
Amerika het ’n paar ernstige waarskuwings aan die aggressiewe Noord-Korea gerig. Toe wys satellietopnames dat daar Woensdag ongewone dinge op Noord-Korea se kern-toetsterrein plaasgevind het. Wat was dit?
Voorbereidings vir nog ’n kerntoets
€�n Rits vlugbal-wedstryde
Die koppeling van kernplofkoppe aan missiele
Prof. Glenda Gray, president van die SA Mediese Navorsingsraad, is op die tydskrif Time se 2017-lys van die wêreld se 100 invloedrykstes. Hoekom?
Haar werk om ’n MIV-entstof te vind
Haar werk op die gebied van ekstreem-weerstandige tuberkulose
Haar werk op die gebied van medisinale dagga
Die bekende sportafrigter Nick Durandt is Vrydag in ’n motorfietsongeluk oorlede. Watter sportsoort het hy afgerig?
Boks
Rugby
Sokker
Die nuutste fliek in die reeks The Fast and the Furious het omtrent die geldlaaie in Suid-Afrika laat klingel. Watter bekende Suid-Afrikaner is in die rolverdeling?
Charlize Theron
Arnold Vosloo
Pearl Thusi
Watter titel het die tydskrif People vir die vyfde keer aan die aktrise Julia Roberts toegeken?
Mooiste vrou in die wêreld
Mooiste vrou in die 90’s
Mooiste vrou bo 45
Die sanger Refentse het Sondagaand met nie minder nie as vier Ghoemas weggestap, onder meer vir manlike kunstenaar van die jaar en album van die jaar. Wat is die titel van sy wenalbum?
My hart bly in ’n taal
My hart moet ek gaan haal
My hart, ’n duisend maal
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 17-23 April 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Hoe goed het jy na die week se nuus opgelet? Voltooi ons vasvra en vind uit!","img":"https://cdn.poll-maker.com/16-679897/nuusvasvra-facebook.jpg?sz=1200-00000000001000005300"}
Powered by: Quiz Maker