Huisgenoot-nuusvasvra: 21-27 Augustus 2017

Die uitmekaarspat van Oubaas en Hilda in 7de Laan het Twitter omtrent op hol gehad. Wat het die einde van hul verhouding veroorsaak?
Oubaas het sy ma bo Hilda gekies.
Daar was nie meer lakens oor om op te hang nie.
Oubaas het aan ’n skielike hartaanval gesterf.
As die inwoners van Kaapstad nie nog méér water bespaar nie, sal die stad se water in . . . Op wees.
September 2017
Desember 2017
Februarie 2018
Hoekom was selfoongebruikers die afgelope week die hoenders in vir Vodacom?
Miljoene rande se lugtyd en data het verdwyn.
Hulle moes tot twee uur lank by die inbelsentrum aanhou.
Dit was heeltemal onmoontlik om lugtyd of data te koop.
Wat het die aktrise Angelique Gerber Potgieter op Facebook laat hoor?
€�Ek’s nie swanger met een baba nie maar met twee!”
“Kan nie wag om op die vliegtuig Japan toe te spring nie!”
€�Konisjiwa!”
Een van die flieks wat by kykNet se Silwerskermfees vertoon is, het Diaan Lawrenson in die hoofrol en handel oor outisme. Wat is die naam van die fliek?
Raaiselkind
Vaselinetjie
Wonderlus
Conor McGregor het dalk die naweek teen die bokskoning Floyd Mayweather verloor, maar omtrent R1,3 biljoen gewen. Nie sleg nie, as ’n mens onthou dat hy in sy vorige loopbaan ’n . . . was.
Loodgieter
Onderwyser
Joernalis
In ’n verslag deur AfriForum en die forensiese ondersoeker dr. David Klatzow is oorsake vir die verwoestende Knysna-brande vroeër vanjaar bekendgemaak. Wat was volgens die verslag NIE ’n oorsaak nie?
Opsetlike brandstigting
Kinders wat met vuurhoutjies in die veld gespeel het of ’n soortgelyke scenario
Weerlig
Die omstrede Gupta-familie is inderhaas besig om (oënskynlik) van hul sakebelange in Suid-Afrika ontslae te raak. Wat is die naam van die koerant wat hulle onder meer verkoop het?
The New Age
Voice of India in South Africa
The Witness
Waarmee stof Suid-Afrikaners Amerikaners uit, volgens ’n studie wat pas bekendgemaak is?
Die persentasie landsburgers wat selfoon-seksboodskappe stuur
Die persentasie landsburgers wat een keer per maand ’n Big Mac eet
Die persentasie landsburgers wat hul president verpes
Die rooi Springbokke het die naweek teen die Poemas van Argentinië geseëvier. In watter Argentynse stad het die wedstryd plaasgevind?
Salta
Buenos Aires
Mendoza
Watter internasionale leier het die afgelope drie maande meer as R400 000 aan grimering bestee?
Angela Merkel van Duitsland
Teresa May van Brittanje
Emmanuel Macron van Frankryk
Donald Trump van die VSA
Watter stad in Suid-Afrika is die gevaarlikste uit ’n misdaadoogpunt, volgens die nuwe Stedelike Veiligheidsverslag?
Kaapstad
Johannesburg
Port Elizabeth
In In die Skadu van ’n Legende, Pieter van der Westhuizen se boek oor sy broer Joost, vertel Pieter dat daar twee keer groot hoeveelhede gif in Joost se bloed gevind is. Watter soort gif was dit?
Arseen
Strignien
Organofosfate
Hoekom is pres. Donald Trump gekritiseer vir sy optrede ten tyde van die algehele sonsverduistering verlede Maandag in Amerika?
Hy het eers sonder ’n spesiale verduisteringsbril na die son gekyk.
Hy het gesê: “Nes die maan die son in die skadu stel, so stel ek vir Obama en Hillary in die skadu.”
Hy het Melania se verduisteringsbril van haar neus afgegryp en dit self opgesit.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 21-27 Augustus 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die uitmekaarspat van Oubaas en Hilda in 7de Laan het Twitter omtrent op hol gehad. Wat het die einde van hul verhouding veroorsaak?, As die inwoners van Kaapstad nie nog méér water bespaar nie, sal die stad se water in . . . op wees., Hoekom was selfoongebruikers die afgelope week die hoenders in vir Vodacom?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker