Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 April 2019

Wat is die naam van die hoofstad van Sri Lanka, waar die meeste van die verwoestende Paassondag-bomme ontplof het?
Colombo
Kuala Lumpur
Djakarta
Tendai “Beast” Mtawarira beplan om ná vanjaar se Wêreldbekerrugby-toernooi op te hou toetsrugby speel. Sy hoeveelste Wêreldbeker sal dit wees?
Tweede
Derde
Vierde
Laurika Rauch vier vanjaar 40 jaar in die musiekbedryf. Watter liedjie het haar destyds bekend gemaak?
Kinders van die Wind
Stuur Groete aan Mannetjies Roux
Op Blouberg se Strand
Watter Suid-Afrikaanse provinsie is die afgelope week die swaarste deur vloede getref met meer as 80 sterftes?
KwaZulu-Natal
Oos-Kaap
Gauteng
Van vloede gepraat, kort op sikloon Idai se hakke het sikloon . . . Vandeesweek gevolg, wat na verwagting ook groot verwoesting in Mosambiek gaan saai.
Kenneth
Donald
Idai2
Waarheen gaan #BrandSussex, soos prins Harry en Meghan deesdae ook bekendstaan, volgens paleisgerugte vir ’n ruk ontplooi word?
Afrika
Amerika
Midde-Ooste
Hierdie sport is die enigste van die vyf grotes in Suid-Afrika wat volgens ’n nuwe verslag nie sy transformasieteikens gehaal het nie.
Atletiek
Rugby
Krieket
Wat is die beroep van Oekraïene se pas verkose president, Wolodimir Zelenskij?
Komediant
Swaargewigbokser
Hartchirurg
Watter siekte, wat op plekke uitgeroei was, maak ’n kommerwekkende terugkeer?
Masels
Pokke
Polio
Watter Zuma-vertrouelinge is pas deur pres. Cyril Ramaphosa afgedank nadat ’n kommissie van ondersoek hulle onbevoeg verklaar het?
Advokate Nomgcobo Jiba en Lawrence Mwrebi
Oud-premiers Ace Magashule en Supra Mahumapelo
Min. Bathabile Dlamini en Nomvula Mokonyane
Wat het veroorsaak dat die akteur Neville Thomas twee jaar laas kon werk?
€�n Druiwekorrel waarop hy in ’n supermark gegly het
Besmette vleis wat hy by ’n supermark gekoop het
€�n Blikkie ingemaakte tamaties wat van ’n supermark-rak afgeval en hom teen die kop getref het
Hoekom is die nuwe Wêreldbeker-Springboktrui van rekmateriaal gemaak?
Sodat die spelers hulle makliker uit duikslae kan loswikkel
Sodat die spelers in Japan maar na hartelus aan soesji kan smul sonder dat hul truie te styf begin sit
Sodat die truie saam met die spelers kan rek namate hulle fikser word en hul spiere meer bult
Die prys van wat buit armer Suid-Afrikaners doelbewus uit, volgens die Mededingingskommissie?
Data
Petrol
Elektrisiteit
Die laaste fliek in Marvel se Avengers-reeks tref (40 miljoen dollar later) hierdie naweek ons skerms. Wat is die naam daarvan?
Avengers: Endgame
Avengers: Infinity War
Avengers: End It All
Daar’s ’n nuwe Engelse modewoord! Wat is ’n slashie (skuinsstrepie)?
Iemand wat vir hom- of haarself werk en meer as een werk doen
Iemand ouer as 65 wat leer kodeer
€�n Sofapokkel wat soos 'n skuinsstreep lyk wanneer hy of sy voor die TV lê
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 April 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker