Huisgenoot-nuusvasvra: 26 Februarie-4 Maart 2019

Afrikaans het ’n nuwe uitdrukking bygekry! Wat is dit?
My f*k, Marelize!
My f*k, Mariaan!
My f*k, Madeleine!
Watter Afrikaanse glanspaartjie het aangekondig hul paadjies skei?
Leandie du Randt en Bouwer Bosch
Derek Hougaard en Nádine
Melinda Bam en Adriaan Bergh
In watter land het pres. Donald Trump en Kim Jong-oen van Noord-Korea die afgelope week ’n onsuksesvolle spitsberaad gehou?
Viëtnam
Singapoer
Japan
Hoekom was die flambojante SA gebore biljoenêrsakeman Elon Musk in die nuus?
Hy het ’n ruimtetuig met plek vir bemanning na die Internasionale Ruimtestasie gestuur.
Die Tesla-motor wat hy verlede jaar die ruimte ingeskiet het, het op al vier wiele by die Kennedy-ruimtesentrum kom land.
Hy en sy pa, Errol, is gekiek waar hulle in die straat voor Loftus Versfeld in Pretoria op mekaar staan en skree.
€�n Bomaanval en die afskiet van twee vliegtuie het ernstige en gevaarlike spanning tussen hierdie twee lande laat ontstaan.
Indië en Pakistan
Sirië en Irak
Israel en Palestina
Met watter ‘wonderwerk’ het ene pastoor Alph Lukau van die Alleluia Ministries groot opskudding op sosiale media veroorsaak?
Hy ’n ‘oorledene’ die hande opgelê en hom uit sy kis laat ‘opstaan’.
Hy het gedemonstreer hoe ’n mens met die nuwe opvoubare Samsung-foon hemel toe kan ‘bel’.
Hy het Kallie Kriel en Julius Malema saam om ’n tafel laat sit en brood breek.
Wat het staatskaping Suid-Afrika gekos, volgens sommetjies gemaak deur die aanlynkoerant Daily Maverick?
R500 biljoen
R1 triljoen
R1,5 triljoen
Wat gaan binne die volgende 20 jaar in die Noordpool gebeur?
Alle ys sal in die loop van die somer verdwyn.
Alle dierelewe gaan uitsterf.
Die noorderligte gaan verdwyn.
Watter gewilde sepie het pas van ons skerms af verdwyn?
The Bold and the Beautiful
Skeem Saam
Getroud met Rugby
Muhammadu Buhari is pas vir ’n tweede termyn as president van . . . verkies.
Nigerië
Somalië
Burkina Faso
Die Britse ster Ed Sheeran kom sing later vandeesmaand in uitverkoopte Suid-Afrikaanse arenas, maar wat het hy stilletjies in Desember gedoen?
Getrou
€�n Doktorsgraad in astrofisika behaal
Aan ’n Fortnite-toernooi deelgeneem
Wie is by die naweek se Safta-toekennings as die beste aktrise in ’n rolprent aangewys?
Jill Levenberg vir Ellen: Die Ellen Pakkies Storie
Diaan Lawrenson vir Raaiselkind
Monique Rockman vir Nommer 37
In watter land het agt brandweermanne op ’n Sondagmiddag gespook om hierdie rot te bevry wat so vet was dat sy in ’n mangatdeksel vasgesit het?
Duitsland
Engeland
Kanada
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 26 Februarie-4 Maart 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker