Huisgenoot-nuusvasvra: 28 Augustus-3 September 2018

Wat het die Britse premier Theresa May met haar onlangse besoek aan Suid-Afrika terugbesorg?
Die skeepsklok van die boot SS Mendi
Die Cullinan-diamante in die Britse kroonjuwele
Kevin Pietersen
Die sanger Jo Black moet ’n operasie ondergaan wat sy stembande in gevaar sal stel. Aan watter deel van sy liggaam moet daar geopereer word?
Sy nekwerwels
Sy keel
Sy verhemelte en kleintongetjie
Hoekom het die mosie van wantroue teen Solly Msimanga, DA-burgemeester van Tshwane, verlede week misluk?
Die EFF het uitgestap en toe was daar nie ’n kworum nie.
Twintig ANC-lede het teen hul eie mosie gestem.
Die partye het so op mekaar geskree dat die vergadering verdaag is voor daar gestem kon word.
Duitsland het 25 kopbene van Herero’s en Namas wat meer as 100 jaar gelede in ’n opstand teen die Duitsers omgekom het, aan Namibië terugbesorg. Hoekom was die kopbene in Duitsland?
Dis soontoe gestuur as deel van nou gediskrediteerde navorsing wat die meerderwaardigheid van Europeërs probeer uitwys het.
€�n Duitse baron het dit laat kom om sy versameling kopbene van oor die wêreld heen aan te vul.
Dit moes as waarskuwing vir Duitsland se vyande dien.
Hoekom is Parktown Boys’ High School in Johannesburg in die nuus?
Bewerings van seksuele aanranding
Hulle gaan saamsmelt met hul eweknie vir meisies, Parktown Girls’ High School.
Hulle het die Reserwebank se monetêre beleidsuitdaging vir skole gewen.
Katherine Kelly Lang, oftewel Brooke Logan van die Amerikaanse sepie . . ., was pas in Port Elizabeth om aan die Ysterman-kompetisie deel te neem.
The Bold and the Beautiful
Days of our Lives
The Young and the Restless
Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, het onthul dat sy aan . . . Gely het.
Tuberkulose
Aknee
Alopesie (haarverlies)
Hoeveel alkohol per dag is veilig, volgens ’n nuwe studie wat in 195 lande gedoen is?
0 drankies per dag
1 drankie per dag
2 drankies per dag
Wat het bygedra tot die verhoging van BTW vroeër vanjaar, volgens getuienis voor die Nugent-kommissie?
Wanbestuur by die SA Inkomstediens
Die voortslepende droogte
Die Steinhoff-debakel
Ná die geboorte van hul jongste die naweek is die krieketster JP Duminy en sy vrou, Sue, nou die trotse ouers van . . .
2 dogtertjies
2 seuntjies
€�n Seuntjie en ’n dogtertjie
Wie het gesê: “Hulle het hulself waarskynlik verbaas toe hulle agtergekom het hoe maklik dinge vir hulle in hierdie land was.”?
Themba Maseko, oud-kommunikasiehoof van die regering, oor die Guptas
Julius Malema, EFF-leier, oor wit mense
Ernst Roets, AfriForum, oor swart mense
Waaraan skryf die sanger Kurt Darren sy gewigsverlies van 17 kg toe?
Goeie voeding en oefening
Rondspring op die verhoog
Agter sy kinders aanhardloop
By watter groep staak wit werkers vir die eerste keer in die geskiedenis weens rasse-uitsluiting?
Sasol
Eskom
Transnet
Hoekom het 75 studente in onderwysfilosofie aan die Universiteit van Limpopo uit die eksamenlokaal gestap?
Die toets was te moeilik.
Hulle beskou onderwysfilosofie as ’n nuttelose vak.
Hulle het een van die vrae as seksisties ervaar.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 28 Augustus-3 September 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"By watter bekende skool het die ouers om die skool gestap (soos die Israeliete om Jerigo) en gebid dat die skool van politiek gereinig word?, In watter stad het die G7-beraad die afgelope naweek plaasgevind?, Die afkorting NoKo is deesdae oral te sien. Waarvoor staan dit?","img":"https://cdn.poll-maker.com/30-1055249/bederf-ad.jpg?sz=1200-00000000001000007500"}
Powered by: Quiz Maker