Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Januarie 2020

Die gevaarlike koronavirus het die hele wêreld op hol. Waar in China was die oorsprong van die siekte?
€�n Kosmark
€�n Hospitaal
€�n Slaghuis
Die fliek Poppie Nongena, met o.a. Clementine Mosimane, Anna-Mart van der Merwe en Rolanda Marais, begin Vrydag draai. Op watter boek is dit gegrond?
Die swerfjare van Poppie Nongena
Sewe dae by Poppie Nongena
Die reise van Poppie Nongena
Drie van hierdie vier Afrikaanse aktrises is tans swanger. Wie is NIE die swanger een nie?
Rolanda Marais
Carina Nel
Nadia Beukes
Quanita Adams
Hoekom het die premier van Lesotho sy bedanking aangekondig?
Hy word verbind met die moord op sy vrou.
Hy word van korrupsie verdink.
Hy wil liewer ’n beesboer wees.
Watter eg Suid-Afrikaanse bome plant Suid-Afrikaners tans vlytig aan om klimaatverandering te beveg?
Spekboom
Soetdoring
Swartbas
Watter Suid-Afrikaanse musikant het bekendgemaak hy reik vanjaar ’n digbundel uit?
Rocco de Villiers
Loki Rothman
Francois van Coke
Pres. Donald Trump is die derde Amerikaanse president wat in ’n staat van beskuldiging geplaas is. Noem een 20ste-eeuse president met wie dit ook gebeur het?
Bill Clinton
Richard Nixon
George W. Bush
Hoekom het Kaapstad besluit om sy straatligte nooit meer af te skakel nie?
Om kabels lewendig te hou sodat diewe dit nie probeer steel nie
Die stad se nuwe ekoligte werk met sonkrag.
Dis te veel moeite.
Wat was die tema van die pas afgelope Wêreld-Ekonomiese Forum in Davos, Switserland?
Klimaatverandering
Ongelykheid
Landbou- en voedselsekuriteit
Watter glanspaar het pas ouers geword van hul vierde kind?
Heinz en Aletté-Johanni Winckler
Minki en Ernst Joubert
Emo Adams en Michelle Gildenhuys
€�n Kuberkraker het toegang verkry tot die foon van Jeff Bezos, grootbaas van Amazon, nadat Bezos ’n WhatsApp-video van wie ontvang het?
Mohammed bin Salman, kroonprins van Saoedi-Arabië
MacKenzie Bezos, van wie hy onlangs geskei is
Die uitvoerende hoof van Wallmart, Amazon se grootste kompetisie
Watter mylpaal vier die sanger Anton Goosen met sy album Liedjieboer inni langpad?
Sy 40ste jaar in die musiekbedryf
Sy 40ste album
Sy 40ste haarsny
Nog net drie SA rugbyspelers is al drie keer as rugbyspeler van die jaar aangewys: Naas Botha, Bryan Habana, en nou ook . . .
Pieter-Steph du Toit
Malcolm Marx
Tendai Mtawarira
Die 18-jarige Billie Eilish het skoonskip by die Grammys gemaak. Op die klankbaan van watter fliek word sy gehoor?
No Time to Die (komende James Bond-fliek)
Frozen 2
Charlie’s Angels
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Januarie 2020", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die gevaarlike koronavirus het die hele wêreld op hol. Waar in China was die oorsprong van die siekte?, Die fliek Poppie Nongena, met o.a. Clementine Mosimane, Anna-Mart van der Merwe en Rolanda Marais, begin Vrydag draai. Op watter boek is dit gegrond?, Drie van hierdie vier Afrikaanse aktrises is tans swanger. Wie is NIE die swanger een nie?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker