Huisgenoot-nuusvasvra: 25 Sept.-1 Okt. 2018

By watter Pretoriase gesinsrestaurant is ’n dogtertjie in die toilet verkrag?
Dros
Spur
Wimpy
Petrol kos van vandeesweek af vir die eerste keer ooit meer as R . . . Per liter vir binnelandse motoriste.
R16
R17
R18
Suid-Afrikaners is geskok deur die selfdood van die jong aktrise Shoki Mokgapa. In watter bekroonde Afrikaanse fliek het sy ’n rol vertolk?
Sink
Noem My Skollie
Die Stropers
Min. Malusi Gigaba het aangekondig dat hy die mediapersoonlikheid . . . Vir laster gaan dagvaar.
Redi Tlhabi
Leanne Manas
Max du Preez
Wat is die naam van die regter wat vir die hoogste hof in Amerika benoem is en om wie se kop nou ’n seksklag-storm broei?
Brett Kavanaugh
Rhett Kavanaugh
Set Kavanaugh
Watter gerugte doen die ronde oor Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC?
Dat hy beplan om hom by die EFF aan te sluit.
Dat hy beplan om hom by die DA aan te sluit.
Dat hy saam met oudpres. Jacob Zuma aan ’n komplot werk om pres. Cyril Ramaphosa uit die kussings te lig.
Watter Afrikaanse persoonlikheid se seun vertolk ’n rol in die fliek Table Manners, wat pas begin draai het?
Freek Robinson
Jody Abrahams
Johan Rademan
Die Amerikaanse rapper Kanye West het aangekondig dat hy nou ’n nuwe naam het. Wat is dit?
Ye
MAGA
Weez
Wat kan Denel weens ’n nypende geldtekort nie meer aan sy personeel bied nie?
Gesubsidieerde kafeteriakos
Salarisse
Toiletpapier
Wie is Stan en John?
Die name van die fluitjieblasers wat die GuptaLeaks-e-posse bekend gemaak het.
Die hoofkarakters in Leon Schuster se komende fliek Frank & Fearless, waarvan die lokprent pas bekendgestel is.
Beyoncé se tweeling, wie se swangerskapvetjies hul ma nou uiteindelik afgeskud het.
Die tonge in Brittanje klap omdat Meghan Markle . . . . het.
Self haar motordeur toegemaak
Haar arm gemoedelik om koningin Elizabeth se skouers gesit
pres. Donald Trump in ’n privaat gesprek ’n rassis genoem 
Hoekom is Naas Botha ontstoke?
Die Menseregtekommissie het nog geen uitsluitsel oor die Ashwin Willemse-debakel gegee nie.
Hy word sonder sy toestemming in aanlyn-advertensies vir kitsrykdom gebruik.
Die Westelike Provinsie pryk boaan die Curriebeker-puntelys.
Wie het geskiedenis gemaak deur haar eie spesiale VN-identiteitskaart vir die algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN) te kry?
Een van die wêreldleiers se baba
Een van die wêreldleiers se troostroeteldier
Een van die wêreldleiers se gay lewensmaat
Steeds by die VN: Wat het gebeur toe pres. Donald Trump in sy toespraak vir wêreldleiers vertel: “My administrasie het meer vermag as byna enige ander administrasie in die geskiedenis van ons land”?
Sy gehoor het begin lag.
Sy gehoor het hom toegejuig.
Die Duitse leier, Angela Merkel, het kliphard geproes.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 25 Sept.-1 Okt. 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker