Huisgenoot-nuusvasvra: week van 12-18 Junie 2018

Op watter Wes-Kaapse dorp het die tweede moskee-aanval in Suid-Afrika plaasgevind?
Malmesbury
Paarl
Hermanus
Die oudhoof van . . . . in Suid-Afrika is saam met sy vrou en twee ander hooggeplaastes van korrupsie, bedrog en geldwassery aangekla.
Misdaadintelligensie
Die Staatsveiligheidsagentskap
Die SA Inkomstediens
Hoekom het die Britse sanger Robbie Williams ’n klomp mense in hul bier laat stik tydens die openingskonsert van die Sokkerwêreldbeker in Rusland?
Hy het ’n middelvinger gegooi.
Hy het vals gesing.
Hy is afgeneem waar hy voor die vertoning ’n daggadampie wegslaan.
Watter nuusbrokkie van die afgelope week is ONWAAR?
Russiese werkers moes spesiaal leer glimlag voor die Sokkerwêreldbekertoernooi.
Kim Jong-oen het sy eie toilet saamgeneem na die Singapoer-spitsberaad met Donald Trump om te keer dat rioolduikers sy ontlasting soek en ontleed.
Dit was onwettig om die leeumannetjie Skye uit die Kruger-wildtuin te lok sodat ’n Amerikaanse toeris hom teen ’n tarief van R1 miljoen kon skiet.
Die mens se IK het die afgelope dekades afgeneem, aldus Noorweegse navorsers. Noem twee oorsake.
Mense bestee meer tyd op die internet.
Mense lees minder.
Mense met laer IK’s het meer kinders.
Watter boomsoort sterf tans op ’n streep as gevolg van klimaatsverandering, volgens ’n wetenskaplike studie wat die afgelope week in Europa verskyn het?
Kremetartboom (baobab)
Maroelaboom
Broodboom
Duitsland se koalisieregering is in die moeilikheid omdat die twee regerende partye nie kan saamstem nie oor . . .
Die land se migrasiebeleid.
Die land se beleid oor ontwrigtende digitale maatskappye soos Uber en Airbnb.
Die land se klimaatbeleid.
Megan Markle sal dalk eersdaags vir koningin Elizabeth op haar bynaam “mama” mag aanspreek. Watter bestaande troetelnaam van die koningin sal sy egter nooit mag gebruik nie?
Lilibet
Lizzie
Queenie
Watter Afrikaanse ster se baba het ’n onbekende gesondheidsprobleem?
Karlien van Jaarsveld
Rolanda Marais
Minki van der Westhuizen
Seismiese aanwysers het die naweek aangedui dat ’n aardbewing in Mexikostad plaasgevind het. Waardeur is dit veroorsaak?
Miljoene Mexikane het op en af gespring van vreugde toe hul span die Duitsers in die Sokkerwêreldbekertoernooi geklop het.
Die Kokosplaat in die weste van die land het geskuif.
Mexikostad is opgerig op die bodem van ’n oermeer en wiebel as gevolg daarvan soms soos jellie.
Watter speelding waarmee prins George afgeneem is, het sommige Britte onstel?
€�n Speelgoedpistool
€�n Barbiepop
€�n Baie skraps geklede Tarzanpop
Wat moes prins Harry sy skoonpa belowe?
Dat hy Meghan nooit fisiek sal aanrand nie
Dat sy en Meghan se oudste seun na oupa Thomas genoem sal word
Dat hy hom voortaan “daddy” sou noem
Watter geskenk het die aktrise Donnalee Roberts aan haar ma vir dié se 60ste verjaardag gegee?
€�n Besoek aan die berggorillas van Uganda
€�n Vakansie in Kaapstad met high tea by die Mount Nelson-hotel
€�n Rolletjie in Stroomop
Hoekom het Suid-Afrika weer met beurtkrag gesukkel?
Kragtoevoer was onstabiel as gevolg van salarisbetogings deur Eskom-werkers.
Die Kapenaars is so gewoond aan droogte dat hulle ’n spul steenkool laat nat word het toe die reën uiteindelik kom.
Medupi-kragstasie het ingekonk.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 12-18 Junie 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"By watter bekende skool het die ouers om die skool gestap (soos die Israeliete om Jerigo) en gebid dat die skool van politiek gereinig word?, In watter stad het die G7-beraad die afgelope naweek plaasgevind?, Die afkorting NoKo is deesdae oral te sien. Waarvoor staan dit?","img":"https://cdn.poll-maker.com/30-1055249/bederf-ad.jpg?sz=1200-00000000001000007500"}
Powered by: Quiz Maker