Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Julie 2019

Wie is die nuwe Britse premier?
Boris Johnson
Jeremy Hunt
Jeremy Corbyn
Watter oudminister het na bewering ’n “privaat mag” in die Vrystaat gehad wat moeilikheid gemaak het vir Vredeprojek-fluitjieblasers, aldus getuienis voor die Zondo-kommissie?
Mosebenzi Zwane
Ace Magashule
Tina Joemat-Pettersson
Watter beskuldigings het oudpres. Jacob Zuma teen die mediapersoonlikheid Redi Tlhabi gemaak waaroor sy hom nou voor die Zondo-kommissie wil kruisondervra?
Dat sy na bewering ’n buitelandse fliek maak oor die destydse verkragtingsaak teen Zuma
Dat sy na bewering inligting het oor ’n moordpoging op Zuma
Dat sy en oudmin. Derek Hanekom na bewering saamgewerk het om van Zuma ontslae te raak
Die Protea-netbalspan het onder groot handegeklap van die Netbalwêreldbekertoernooi in Jamaika teruggekeer. Hoeveelste het hulle gekom?
Tweede
Derde
Vierde
Die bekende akteur Danny Keogh het op 71 aan longkanker gesterf. Het jy geweet hy was nie ’n gebore Suid-Afrikaner nie? In watter land is hy gebore?
Uganda
Zimbabwe
Namibië
Pronk-ertjies, ’n geliefde tuinplant oor die wêreld heen, is besig om uit te sterf in sy oorsrponklike habitat in . . .
Italië
Haïti
Maleisië
Heinz en Aletté-Johanni Winckler het die afgelope week . . . bekendgemaak.
Die geslag van hul verwagte kind
Hul nuwe oefenprogram op VIA-TV, genaamd Wikkel Saam Met die Wincklers
Hul nuwe boek oor ouerskap, genaamd Klop Vloermoere met Styl en Sang
Wat het die Konstitusionele Hof se meerderheidsverslag NIE oor die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, bevind NIE?
Sy het oneerlik opgetree.
Sy het haar mandaat oorskry.
Die staat moet al haar regskoste betaal.
Wie is Tatjana Schoenmaker?
Die swemmer wat Vrydag ’n silwermedalje by die Wêreldbyeenkoms in Suid-Korea behaal het
Die aktrise wat die hoofrol in Semi-Soet 2 gaan vertolk
Die nuwe Kokkedoor-beoordelaar
Van die Olimpiese Spele gepraat: Japan maak al die medaljes vir aanstaande jaar se Spele uit herwinde materiaal. Waaruit is die goud vir die goue medaljes herwin?
Ou selfone
Goue tande
Juweliersware geskenk deur keiserin Masako
Die bekroonde skrywer Harry Kalmer is aan keelkanker oorlede. Wat was sy laaste roman?
In ’n Land Sonder Voëls
Briewe aan ’n Rooi Dak
€�n Duisend Stories oor Johannesburg
Aan watter fobie ly die Britse sanger Ed Sheeran?
Sosiale angs
Vrees vir vlieg
Vrees vir palmbome
Avengers: Endgame het pas die fliek geword wat die meeste geld ooit ingeoes het. Watter fliek het dit verbygesteek?
Avatar
Titanic
Star Wars: The Force Awakens
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Julie 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker