Huisgenoot-vasvra: 26 Februarie-5 Maart 2018

Watter produk is onder meer die oorsprong van die dodelike Listeria-bakterie wat al die dood van 180 mense in Suid-Afrika veroorsaak het?
Polonie
Camembertkaas
Tamaties
Die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding het omtrent die gemoedere opgejaag. Wat is die volgende stap in dié proses?
Die parlementêre grondwet-hersieningskomitee gaan die saak bekyk en teen einde Augustus terugvoering gee.
Wit boere gaan almal die helfte van hul grond sonder vergoeding moet afstaan.
Alle privaat eiendom in Suid-Afrika gaan genasionaliseer word.
Watter beleid het heeltemal misluk, aldus die Gautengse premier, David Makhura?
E-tol
Grondhervorming
Werkskepping
Hoekom het die Valke nie die joernalis Jacques Pauw se skootrekenaar gekry tydens hul klopjag op sy huis en restaurant nie?
Een van die kelnerinne het dit by die venster uit en op ’n komposhoop gegooi, waar hy dit later gaan optel het.
Dit was netjies in die middel van ’n hoop tydskrifte gepak en het soos ’n tydskrif gelyk.
Dit was tussen die potte en panne in die restaurantkombuis versteek en die Valke het dit misgekyk.
Rassie Erasmus is die Bokke se nuwe breier. Teen wie gaan sy span eerste te staan kom?
Wallis
Engeland
Nieu-Seeland
Watter SA staatsdepartement is volgens Themba Godi, voorsitter van die parlementêre komitee oor openbare rekeninge, “vir alle praktiese doeleindes vernietig”?
Water en sanitasie
Finansies
Maatskaplike ontwikkeling
Vinette Ebrahim van 7de Laan, wie se karakter haar soos ’n man vermom het.
Guillermo del Toro, wat Sondagaand die Oscar vir beste regisseur vir The Shape of Water gewen het
Javier Bardem as die Mexikaanse dwelmbaas Pablo Escobar in die komende fliek Loving Pablo
Hoekom word rugby ál meer soos sokker, aldus die Walliese afrigter Warren Gatland?
Afrigters word teen ’n stinkspoed aangestel en weer afgedank.
Rugbyspelers gooi drama op die veld.
Rugbyspelers word te veel betaal vir te min waarde.
Watter land het die meeste medaljes by die afgelope Olimpiese Winterspele gewen?
Noorweë
Verenigde State van Amerika
Kanada
Watter bisarre ding het die Amerikaanse sangeres Barbra Streisand die afgelope week onthul?
Twee van haar hondjies is klone van haar hond wat verlede jaar oorlede is.
Sy is die biologiese ma van die Kanadese premier, Justin Trudeau, met wie se pa, Pierre, sy destyds uitgegaan het.
Sy het ’n politieke regsomkeer uitgevoer en ondersteun nou vir Donald Trump.
Waar het die krieketheld Vernon Philander en Mandy Hudson ná ’n verhouding van 12 jaar afgehaak?
€�n Wynplaas op Stellenbosch
€�n Bos in Mpumalanga
€�n Strand aan die Namibiese kus
’n Nuwe gier is aan die posvat waar mense die verloofring in ’n . . . Wegsteek wanneer hulle die jawoord vra.
Avokado
Oesterskulp
Pers roos
The Shape of Water het die Oscar vir die beste fliek losgeslaan. Waaroor handel dit?
Die verhouding tussen ’n vrou en ’n amfibiese skepsel.
Ruimtewesens wat hulleself op Aarde vermom deur verskillende watervorms aan te neem.
€�n Liefdesverhaal wat langs die Trevi-fontein in Rome afspeel.
{"name":"Huisgenoot-vasvra: 26 Februarie-5 Maart 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Watter produk is onder meer die oorsprong van die dodelike Listeria-bakterie wat al die dood van 180 mense in Suid-Afrika veroorsaak het?, Die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding het omtrent die gemoedere opgejaag. Wat is die volgende stap in dié proses?, Watter beleid het heeltemal misluk, aldus die Gautengse premier, David Makhura?","img":"https://cdn.poll-maker.com/27-990879/vasvra-vraag-met-foto.jpg?sz=1200-00000000000943805300"}
Powered by: Quiz Maker