Huisgenoot-nuusvasvra: 29 Januarie-4 Februarie 2019

By watter skool op Vanderbijlpark het ’n tragedie hom afgespeel nadat ’n loopbrug ineengestort het?
Hoërskool Driehoek
Hoërskool Transvalia
Hoërskool Suiderlig
Wie het verlede week gesê: “Ek het baie spesifieke planne om te voorkom dat ek hulpeloos en swak aan ’n bed vasgekluister lê en wag om dood te gaan.”?
André Schwartz, sanger met motorneuronsiekte
Prof. Sean Davison, genadedood-aktivis
Francois Pienaar, oud-Springbok en sakeman, wat pas ’n kankeroperasie ondergaan het
Watter internasionale ster van die opspraakwekkende fliek Vice, wat pas begin draai het, het ’n sterk band met Kaapstad?
Christian Bale
Steve Carell
Amy Adams
Hoekom word spesiale reëlings vir die veiligheid van die Britse koningsgesin tans getref?
Ingeval daar aanstaande maand Brexit-onluste in Brittanje uitbreek
Ingeval die rassiste wat Meghan tans treiter, gewelddadig reageer wanneer haar baba in April gebore word
Daar word gevrees dat een van die vele assistente wat Meghan se diens die afgelope maande verlaat het, ’n wraak-aanvalsplan teen die koninklikes smee.
Watter Afrikaanse akteur wat ’n grootouer op TV speel/gespeel het, het onlangs vir die eerste keer self ’n grootouer geword?
Ben Kruger (Binnelanders)
Chris van Niekerk (Fynskrif)
Vinette Ebrahim (7de Laan)
Opknappings by watter hooggeplaastes se woonplek is deur die maatskappy Bosasa befonds, aldus getuienis voor die Zondo-kommissie oor staatskaping? (meer as een antwoord moontlik; klik op 'Volgende' wanneer jy al jou keuses gemaak het)
Nomvula Mokonyane
Gwede Mantashe
Dudu Myeni
Wat het die akteur en sanger Robbie Wessels onlangs bekendgemaak?
Hy is maande gelede al stilletjies getroud.
Hy gaan sy fortuin in Amerika soek.
Hy gaan later vanjaar met die Wêreldbekerrugby vir Nieu-Seeland skree.
Hoekom is jong Suid-Afrikaanse onderwysers die afgelope maande in China in hegtenis geneem?
Hulle het nie besef dat hul dokumente nie korrek is nie.
Hulle het politiek sensitiewe frases op soekenjins ingetik.
Hulle het Winnie-the-Pooh vir hul klassies gelees sonder om te besef die boek is verbode.
Hoekom is sekswerkers kwaad vir Meghan Markle, hertogin van Sussex?
Sy het vir hulle bemoedigende woorde op piesangs geskryf.
Sy het gesê dis vir haar net so uitputtend om op hoë hakke op klipperige tuinpaadjies te stap as wat dit vir hulle moet wees om op hoë hakke op sypaadjies te staan.
Sy het gevra dat hulle mooi oor hul loopbaan moet besin.
Watter dier word die meeste ter wêreld gestroop?
Ietermagog
Renoster
Perlemoen
Watter land word tans volgens Transparency International as die korruptste ter wêreld beskou?
Somalië
Venezuela
Suid-Afrika
Wat is Japan besig om te doen ten einde besoekers tegemoet te kom wanneer die Wêreldbekerrugby later vanjaar daar plaasvind?
Groot supermarkte verwyder kaalbas-tydskrifte van hul rakke.
Blou verkeersligte word na groen verander om by die res van die wêreld aan te sluit.
Openbare toilette word vereenvoudig sodat gebruikers nie deur al die knoppies en katoeters verwar word nie.
In watter land het ’n ‘poolse vorteks’ die afgelope week rekord- koue weer veroorsaak?
Verenigde State
Noorweë
Ysland
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 29 Januarie-4 Februarie 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker