Huisgenoot-vasvra: Wat onthou jy van 2018?

Hoe staan prins Harry en Meghan Markle bekend nadat hulle in Mei afgehaak het?
Hertog en hertogin van Sussex
Hertog en hertogin van Surrey
Hertog en hertogin van Suffolk
Wie is vanjaar deur Huisgenoot vereer met die gesogte Tempo-toekenning vir ’n Afrikaanse erfenislater?
Brümilda van Rensburg
Shaleen Surtie-Richards
Sandra Prinsloo
Watter artikel van die Grondwet gaan waarskynlik aangepas word in die veldtog om grondonteiening sonder vergoeding deur te voer?
Art. 24
Art. 25
Art. 26
Wie is aan die sogenaamde bylmoorde skuldig bevind?
Henri van Breda
Jason Rohde
Le Roux Steyn
Siya Kolisi het vanjaar die Springbokke se nuwe kaptein geword, maar wie is die span se nuwe afrigter?
Rassie Erasmus
Victor Matfield
Johan Ackermann
Suid-Afrika en die wêreld het in 2018 die geboorte van wyle oudpres. Nelson Mandela . . . Jaar gelede herdenk.
80
90
100
Pres. Donald Trump van Amerika het ’n gebeurtenisryke en veelbewoë jaar beleef. Wat het dit NIE ingesluit NIE?
Hy het ’n baie streng vuurwapenwet deurgevoer in die lig van meer as 300 massaskietvoorvalle in 2018 in Amerika.
Hy was die eerste Amerikaanse president ooit wat samesprekings gevoer het met die Noord-Koreaanse diktator Kim Jong-oen.
Hy en die mense in sy dampkring word op die oomblik deur minstens 17 regsondersoeke in die gesig gestaar.
Watter kosproduk was onder meer die oorsaak van die listeriose-uitbraak vanjaar in Suid-Afrika?
Polonie
Camembert-kaas
Tamaties
Ná ’n jaar van hoogdrama in die Kaapstadse stadsraad het die voormalige burgemeester Patricia de Lille padgegee en haar eie party met die naam . . . gestig.
Good
Better
Best
Hierdie Suid-Afrikaanse tennisster het ’n uitsonderlike jaar gehad en bevind hom tans sesde op die wêreldranglys. Wie is dit?
Kevin Anderson
Raven Klaasen
Lloyd Harris
Suid-Afrika het ’n nuwe president gekry, en hy het sy eerste staatsrede in Februarie afgesluit met die versoek “Thuma mina”. Wat beteken dit?
Stuur My
Steun My
Stem Vir My
Watter Suider-Afrikaanse taal is gekies as die amptelike taal van Wakanda, die fiktiewe land in die superheldfliek Black Panther, wat in 2018 ’n internasionale wegholsukses was?
Xhosa
Zoeloe
Ndebele
Wat het die sangeres Amor Vittone ná vele hofsake uit haar ontslape man, Joost van der Westhuizen, se boedel geërf?
€�n TV-stel
€�n Huis in Dainfern, Johannesburg
Al Joost se rugby-gedenkwaardighede
Wie was nie in 2018 ’n Suid-Afrikaanse minister van finansies nie?
Pravin Gordhan
Nhlanhla Nene
Tito Mboweni
Wat is die naam van die seuntjie wat prins William en sy vrou, Catherine, vanjaar in die wêreld verwelkom het?
Prins Louis van Cambridge
Prins Philip van Cambridge
Prins Charles van Cambridge
Hoekom is die Australiese krieketspelers Steve Smith (kaptein), David Warner en Cameron Bancroft in Maart deur Krieket Australië geskors?
Hulle was skuldig aan balpeutery in hul derde toets teen die Proteas.
Hulle het die Protea-speler Quinton de Kock ’n rits beledigings toegesnou.
Hulle was betrokke by wedstrydknoeiery in hul tweede toets teen die Proteas.
Watter geliefde rugbyspeler het in 2018 sy rugbystewels vir oulaas opgehang?
Bryan Habana
Pat Lambie
Schalk Burger
Die land het maande lank gegis of . . . En die sangeres Nádine ’n paartjie is voor die tweetjies uiteindelik die aap uit die mou gelaat het.
Derick Hougaard
Cameron van der Burgh
Boer Johan
Watter Suid-Afrikaanse rivier het so ’n enorme rioolkrisis dat die weermag ingeroep is om dit te help oplos?
Vaalrivier
Oranjerivier
Olifantsrivier
Die legendariese oudminister van buitelandse sake Pik Botha is oorlede. Hoe oud was hy?
79
86
91

Winnie Madikizela-Mandela is ook vanjaar oorlede. Na watter Vrystaatse dorp is sy in die apartheidsera verban?

Brandfort
Bultfontein
Bethulie
Hoekom het die voormalige Supersport-aanbieder Ashwin Willemse in Mei midde-in ’n uitsending sy oorfone afgehaal en van die stel afgestap?
Hy het gemeen sy mede-aanbieders (Nick Mallett en Naas Botha) tree neerbuigend teenoor hom op.
Hy moes dringend toilet toe gaan.
Sy spreekbeurt op die program is opgeskort.
Watter hooggeregshofbeslissing oor dagga is deur die Konstitusionele Hof gehandhaaf?
Ons mag in ons eie huis dagga kweek en rook.
Ons mag dagga verkoop.
Ons mag nie meer as 3 kg dagga by ons hê nie
Wat het die voormalige minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, in Oktober genoop om in ’n twiet om verskoning te vra?
€�n Seksvideo wat in die openbare domein beland het
€�n Hofbevinding dat hy meineed gepleeg het
Sy beweerde rol in staatskaping
Wat is die titel van die wyd geloofde fliek gebaseer op die bekroonde komponis Charl-Johan Lingenfelder se ervarings toe hy as dienspligtige lid van ’n koor was?
Kanarie
Ag man, dis lekker in die armie
Grenslied
Wat is die naam van die bank wat te midde van ’n korrupsieskandaal sy deure moes toemaak?
VBS Mutual Bank
BSV Mutual Bank
VSB Mutual Bank
Watter land word in die gesig gestaar deur die grootste hongersnood in die wêreld in 100 jaar?
Jemen
Sirië
Soedan
Wat is die naam van die bekende speurskrywer Deon Meyer se nuwe Bennie Griessel-roman wat vanjaar verskyn het?
Prooi
Rooi
Dooi
Suid-Afrika was in opstand omdat een van ons gunstelingatlete, Caster Semenya, volgens die Vereniging van Atletiekfederasies voortaan . . . Voor sy aan die 800 m en 1 500 m mag deelneem.
Haar testosteroonvlak met medisyne of chirurgie moet verlaag
Nie meer ’n asmamiddel mag gebruik wat haar longe oopmaak nie
Minder proteïen moet eet
Waarom distansieer talle lande hulle sedert Oktober van Saoedi-Arabië?
Weens die moord op die Saoedië-gebore joernalis Jamal Khashoggi
Omdat vroue byna geen regte in Saoedië het nie
Omdat Saoedië olie produseer, wat ’n gevaar vir die wêreld se klimaat inhou
Van watter Afrika-land is Sahle-Work Zewde die eerste vroulike president?
Ethiopië
Niger
Burundi
Watter voormalige Amerikaanse president is vanjaar oorlede?
George Bush sr.
George Bush Jr.
Jimmy Carter
Die sanger Justin Bieber het getrou met Hailey Baldwin, dogter van die akteur . . . Baldwin.
Stephen
Alec
William
Meer as 50 top-kunstenaars van Suid-Afrika en die buiteland het hulde gebring aan die geliefde musiekikoon Johnny Clegg, wat teen pankreaskanker stry, in ’n musiekvideo waarin hulle sy liedjie . . . uitvoer
The Crossing
Asimbonanga
Scatterlings of Africa
Die beroemde fisikus en kosmoloog Stephen Hawking is vanjaar oorlede. Watter boek hieronder is deur hom geskryf?
A Brief History of Time
The Hitchhiker’s Guide to the Galaxy
Cosmos
Watter Amerikaanse ster is tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis weens seksuele aanranding?
Bill Cosby
Kevin Spacey
Dustin Hoffman
In watter land is die Wêreldbeker-sokkertoernooi gehou?
Rusland
Brasilië
Katar
Watter land gaan die afgelope maande gebuk onder die tweedegrootste ebola-uitbraak in die geskiedenis?
Demokratiese Republiek van die Kongo
Liberië
Sierra-Leone
Wat is die naam van Rob Rose se opspraakwekkende boek wat vanjaar oor die Steinhoff-skandaal verskyn het?
Steinheist
The Art of the Steal
How to Commit Fraud and Influence People
Watter bisarre ding het die sangeres en aktrise Barbra Streisand onthul?
Twee van haar hondjies is klone van haar hond wat verlede jaar oorlede is.
Sy is die biologiese ma van die Kanadese premier, Justin Trudeau, met wie se pa, Pierre, sy destyds uitgegaan het.
Sy het ’n politieke regsomkeer uitgevoer en ondersteun nou vir pres. Donald Trump.
{"name":"Huisgenoot-vasvra: Wat onthou jy van 2018?", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker