Huisgenoot-nuusvasvra: 7-13 Augustus 2017

’n Rasseherrie het losgebars ná ’n video van ’n bakleiery buite ’n eetplek. Watter eetplek was dit?
Spur
KFC
McDonald’s
€�n Mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma het net-net in die hek geduik. Die hoeveelste mosie van wantroue in ons president was dit?
Sesde
Sewende
Agtste
In die verstommende woordestryd tussen pres. Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen van Noord-Korea het Kim onder meer gedreig om tussenafstand-missiele af te vuur na die gebiedswaters van . . . . (Die dreigement is ’n paar dae later teruggetrek.)
Japan
Indonesië
Guam
Suid-Afrikaanse atlete het die derde meeste medaljes by die Wêreldkampioenskapstoernooi in Londen verower. Hieronder is die vier topsterre – wie het nié ’n goue medalje gekry nie?
Caster Semenya
Wayde van Niekerk
Luvo Manyonga
Ruswahl Samaai
Adj.min. Mduduzi Manana het in die hof verskyn nadat hy na bewering ’n vrou aangerand het. Van watter staatsdepartement is Manana die adjunkminister?
Hoër onderwys en opleiding
Water en sanitasie
Maatskaplike ontwikkeling
Watter voordeel vir swanger vroue hou vitamien B3 in, aldus ’n nuwe Australiese studie?
Dit kan miskrame en geboorte-afwykings help voorkom.
Dit kan oggendnaarheid help voorkom.
Dit kan hoë bloeddruk help voorkom.
Geweld het in Kenia losgebars nadat pres. Uhuru Kenyatta die verkiesing naelskraaps gewen het. Hoe is die verkiesing volgens Raila Odinga, die opposisieleier, “gesteel”?
Kuberkrakers het die verkiesingsdatabasis geïnfiltreer en die uitslag gemanipuleer.
Stembriewe van gebiede wat Odinga steun, het onverklaarbaar “verdwyn”.
Ondersteuners van Odinga is deur soldate gedreig.
Die SAUK het per abuis vir dr. Nkosazana Dlamini-Zuma in ’n TV-byskrif “dr. Nkosazana . . .” genoem.
Mini-Zuma
Dini-Zuma
Winnie-Zuma
Huisgenoot.com het berig dat ’n jong man van Australië aaklige bytmerke in die see opgedoen het. Wat het dit veroorsaak?
€�n Haai
Seeluise
Jellievisse
Hoekom het koerante die afgelope week die Springbokke tot die Rooibokke herdoop?
Hulle gaan in ’n rooi wegspeel-trui teen die Poemas in Argentinië speel.
Die wedstryd Saterdag teen die Poemas gaan ’n rooi bloedbad wees.
Die Argentyne gaan Saterdag so ver teen die Springbokke verloor dat hulle bloedrooi sal bloos.
Die Proteas het druipstert teruggekeer nadat hulle pak gekry het in die toetsreeks teen . . .
Engeland
Sri Lanka
Indië
€�n Verregse optog in Charlottesville, Amerika, het in geweld geëindig. Pres. Donald Trump van Amerika is wyd gekritiseer omdat dit hom twee dae gekos het om wat te doen?
Van die voorval kennis te neem
Die geweld te verdoem
Neo-Nazi’s en wit nasionaliste spesifiek te verdoem
Die bekende Amerikaanse countrysanger sanger Glen Campbell is die afgelope week op 81 oorlede. Watter liedjie het hy in die 1970’s gesing?
Rhinestone Cowboy
Take Me Home, Country Roads
Help Me Make It Through the Night
Steeds by Amerikaanse country-sangers: Taylor Swift het ’n platejoggie hof toe gesleep wat haar na bewering onder haar rok betas het. Vir hoeveel dagvaar sy hom?
Miljoen dollar
Honderd dollar
Een dollar
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 7-13 Augustus 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"’n Mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma het net-net in die hek geduik. Die hoeveelste mosie van wantroue in ons president was dit?, Geweld het in Kenia losgebars nadat pres. Uhuru Kenyatta die verkiesing naelskraaps gewen het. Hoe is die verkiesing volgens Raila Odinga, die opposisieleier, “gesteel”?, In die verstommende woordestryd tussen pres. Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen van Noord-Korea het Kim onder meer gedreig om tussenafstand-missiele af te vuur na die gebiedswaters van . . . . (Die dreigement is ’n paar dae later teruggetrek.)","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker