Huisgenoot-nuusvasvra: 4-11 Augustus

Watter gewilde krieketster het NIE die afgelope week uit toetskrieket getree NIE?
Faf du Plessis
Dale Steyn
Hashim Amla
Wie is deur Krieket SA as Speler van die Jaar aangewys?
Faf du Plessis
Dale Steyn
Hashim Amla
Wie is die eerste Afrika-vrou van wie ’n Barbiepop gemaak is?
Lira, sangeres
Rolene Strauss, voormalige Mej. Wêreld
Charlize Theron, aktrise
Wat is die volgende naam op hierdie chronologies rangskikte lys? Demi Leigh Nel-Peters, Tamaryn Green, . . . 
Zozibini Tunzi
Sasha-Lee Olivier
Melinda Bam
’n Hooggeregshof het die afgelope week vir die . . . . keer ’n bevinding gemaak teen die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane.
Derde
Vyfde
Sewende
Indië het Kasjmir se outonome status opgehef. Kasjmir is die enigste streek onder Indiese administrasie waar die meerderheid inwoners . . . is.
Moslems
Hindoes
Christene
Watter stelling oor die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is WAAR (soos die NVG tans daar uitsien)?
Mediese fondse sal slegs dienste dek wat nie deur die NVG voorsien word nie.
Suid-Afrikaners sal kan kies of hulle hul mediese sorg deur die NGV of deur privaat gesondheidsorg wil kry.
Suid-Afrikaners sal spesialiste regstreeks en sonder verwysing deur ’n huisdokter kan raadpleeg.
Amerika ly nog aan skok ná twee kort opeenvolgende massamoord-voorvalle waarin byna 30 mense dood is. Wat is tans ’n landwye wapenwet in die Verenigde State?
Semi-outomatiese aanvalswapens is onwettig.
Die agtergrond word nagegaan van alle mense wat wapens aanlyn koop.
€™n Mens mag nie ’n wapen besit sonder dat jy ’n lisensie daarvoor het nie.
Nie een van bogenoemde nie.
. . . ., eens hoof van ’n staatsonderneming wat volgens berigte deur die onder andere die Gupta-broers leeggesuig is, moet R10 miljoen aan die betrokke staatsonderneming terugbetaal.
Brian Molefe
Lucky Montana
Dan Mantsha
Watter Suid-Afrikaanse skoolkoor se videoproduksie van Bohemian Rhapsody het wyd lof ingeoes, tot van ’n oud-lid van Queen, wat die lied in die 1970’s geskep het?
Hoërskool Rustenburg
Hoërskool Waterkloof
Hoërskool Jan van Riebeeck
Watter lewende wesentjies afkomstig van die Aarde lewe nou moontlik op die maan?
Waterbeertjies
Blaaswurmpies
Mosvarkies
Die omstrede en opspraakwekkende Afrikaanse roman Gedeeltelik Bewolk is gebaseer op die lewe van die oudjoernalis David Bishop, voormalige man van die skrywer . . . .
Marita van der Vyver
Ingrid Winterbach
Antjie Krog
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 4-11 Augustus", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker