Huisgenoot-nuusvasvra: 4-10 Desember 2018

Hoekom moes die sepie 7de Laan om verskoning vra?
Hulle het kinders aan geweld blootgestel.
Hulle was onsensitief teenoor kankerlyers.
Hul storielyne word ál belagliker.
Wie mag voortaan nie minder as R2 669,24 per maand verdien nie?
Huiswerkers in stedelike gebiede
Plaaswerkers
Polisielede
Wie is die geelbaadjies?
Franse betogers
ANC-lede
Brexit-teenstanders
Weens watter saak is die nuwe direkteur van openbare vervolging, adv. Shamila Batoyi, onder meer bekend?
Die vervolging van wyle Hansie Cronjé oor krieketknoeiery
Die vervolging van oudpres. Jacob Zuma
Die ondersoek na die omstrede wapentransaksie
Voltooi die lysie sewes-rugbyspanne: Suid-Afrika, Fidji, Nieu-Seeland en . . .
Amerika
Samoa
Argentinië
Aan watter geliefde Suid-Afrikaanse musiekikoon is hulde gebring met ’n musiekvideo waaraan meer as 50 top-plaaslike en internasionale sterre deelgeneem het?
Johnny Clegg
Abdullah Ibrahim
Sipho ‘Hotstix’ Mabuse
Vir watter internasionale ster het die Suid-Afrikaanse ontwerper Gert-Johan Coetzee ’n aandrok gemaak?
Oprah Winfrey
Celine Dion
Mariah Carey
Hoe oud is die YouTube-ster wat die meeste geld per jaar aanlyn verdien?
7
16
22
Waarom word bespiegel dat pres. Donald Trump tronk toe kan gaan?
Hy het opdrag gegee dat twee vroue betaal moet word om stil te bly oor hul affairs met hom.
Hy het met Rusland saamgesweer om die verkiesing te wen.
Met sy twiets het hy ’n rits wette oor rassisme, vroueminagting, crimen injuria en laster oortree.
Watter gholfspeler is die enigste Suid-Afrikaner onder die wêreld se top-25 spelers?
Louis Oosthuizen
Branden Grace
Charl Schwarzel
Hoekom gaan die staatspensioenfonds (GEPF) R4,2 miljard afskryf?
Dis geld wat in Steinhoff belê is
Dis geld wat in VBS Mutual Bank belê is
Dis geld wat in die Guptas se Optimum-myn belê is
Wat het die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se Falcon-9-vuurpyl pas by die Internasionale Ruimtestasie gaan aflewer?
Vrugtekoek
Noodmedisyne
€�n Elektronteleskoop
Die amper-voormalige Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel Peters, bring haar Amerikaanse kêrel saam wanneer sy Kersfees in Suid-Afrika kom kuier. As wat is hy bekend?
Sportman
Sepiester
Model
Johnny Depp en Robert Pattinson is twee van die groot name wat te sien sal wees in ’n fliek gemaak van ’n boek deur watter Suid-Afrikaanse skrywer?
J.M. Coetzee
Deon Meyer
André P. Brink
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 4-10 Desember 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker