Huisgenoot-nuusvasvra: week van 3-9 April 2017

Twee graderingsmaatskappye het Suid-Afrika die afgelope week tot rommelstatus afgegradeer. Wat is onder meer as ’n rede daarvoor aangegee?
Pres. Jacob Zuma se middernagtelike kabinetskommeling
Die knellende droogte in die Wes-Kaap
Die vrot vertoning van die JSE
Hoekom is 18 April 2017 ’n belangrike datum op die SA politieke kalender?
Dis wanneer daar weer eens ’n mosie van wantroue in die parlement teen pres. Jacob Zuma ingestel sal word.
Dis wanneer dr. Nkosazana Dlamini-Zuma as Suid-Afrika se nuwe adjunkpresident ingesweer sal word.
Dis wanneer Helen Zille, Wes-Kaapse premier, uit die DA geskop gaan word.
Watter koeldrankmaatskappy het ’n advertensie van die mark onttrek waarin die model Kendall Jenner verskyn ná klagtes dat dit met polisiegeweld spot?
Pepsi
Coca-Cola
Mountain Dew
Hoeveel Superrugby-spanne moet Suid-Afrika uit die 2018-reeks sny?
Een
Twee
Drie
Watter vooraanstaande ANC-lid het die afgelope week NIE ’n gatomswaai uitgevoer en ná verdoemende kritiek teen pres. Jacob Zuma hom weer agter die president geskaar nie?
Gwede Mantashe
Jackson Mthembu
Kgalema Motlanthe
Die omstrede Gupta-familie het tot Sondagnag ’n pantservoertuig op hul erf in Saxonwold, Johannesburg gehad. Hoekom was dit ’n probleem?
Volgens wet mag niemand ’n militêre voertuig besit wat nie gedemilitariseer is nie.
Die voertuig is as ’n sjebien ingespan van waar drank onwettig in die deftige voorstad verkoop is.
Bure het gekla dat die familie dikwels militêre oefeninge uitvoer om seker te maak hulle kan vinnig ontsnap as dit nodig sou word.

Uit watter komende TV-program kom hierdie foto van die oud-Mej. SA Melinda Bam in 'n balrok en met 'n geweer?

Wie’s Jou Poppie?
Ek Klap Jou Doppie!
Uit My Pad, Outoppie!
In watter Russiese stad het ’n selfmoord-treinbom die dood van 14 mense veroorsaak?
Moskou
St. Petersburg
Wladiwostok
Watter stelling hieronder oor Vrydag se Amerikaanse aanval op Sirië is NIE waar nie?
Die aanval het plaasgevind in reaksie op ’n chemiese lugaanval wat vermoedelik deur die Siriese regering geloods is.
€�n Siriese lugmagbasis is aangeval.
ISIS-teikens in Sirië is aangeval.
In watter land gaan die Afrikaanse rapper Jack Parow sy eie fees kry wanneer sy nuwe album bekendgestel word?
Suid-Afrika
Namibië
Nederland
Hoe het die musiekgroep Fokofpolisiekar binne nege dae die R500 000 gekry wat hulle nodig het om hul nuwe album te vervaardig?
Met skarefinansiering
Afrikaans.com het aangebied om die album in sy geheel te borg.
Hulle het binne nege dae 18 konserte dae gehou en R500 000 wins verdien.
Suid-Afrikaners het in hul tienduisende Vrydag teen pres. Zuma gemarsjeer. Wie was die hooforganiseerder van die optog na die Uniegebou in Pretoria?
Save South Africa
Demokratiese Alliansie
SA Kommunistiese Party
Die fliek Man Down met die jong ster Shia LaBeouf in die hoofrol het in Brittanje geopen. Hoeveel mense het dit gaan kyk?
Een
25
75
Watter aktiwiteit hou volgens ’n neurowetenskaplike ons brein beter besig as wiskundige somme of die luister na klassieke musiek?
Om wyn te drink
Om tande te borsel
Om skottelgoed te was
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 3-9 April 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Hoe goed het jy die week se nuus dopgehou?","img":"https://cdn.poll-maker.com/16-667575/melinda-bam.jpg?sz=1200-00000005110953205300"}
Powered by: Quiz Maker