Huisgenoot-nuusvasvra: 24-30 Junie 2017

Die gewilde akteur Marius Weyers is in die hospitaal – hoekom?
Hy het ’n hartklep laat vervang.
Hy het sy ernstige beenbreuke in ’n val opgedoen.
Hy gaan ’n nier vir sy beste vriend skenk.
Wie is Edwin Theron?
Die knaap wat Woensdagaand sy pad na kykNet se eerste Kokkedoortjie-titel losgekook het.
Een van die finaliste in The Voice wat na die program kan terugkeer nadat onreëlmatighede met die stemmery bekend geword het.
Die nuwe liefde in die sangeres Nianell se lewe.
Watter atleet se wêreldrekord in die 300 m het Wayde van Niekerk Woensdagaand laat spat?
Ben Johnson (1988)
Michael Johnson (2000)
Usain Bolt (2013)
Die intimidasie van joernaliste het groot onsteltenis veroorsaak – wat het NIE die afgelope week gebeur nie?
Die joernalis Suna Venter is dood in haar woonstel aangetref, volgens haar familie aan ’n harttoestand wat vererger is deur die stres waaraan sy onderwerp is terwyl sy as lid van die SAUK-agt geteister, geskiet, aangerand en ontvoer is.
Die joernalis Peter Bruce is buite sy huis deur ’n groep van Black First, Land First gedreig na aanleiding van kritiese berigte wat hy oor die Guptas geskryf het.
Die joernalis Mzilikazi wa Afrika het doodsdreigemente ontvang weens sy berigte oor beweerde tender-ongerymdhede by Eskom.
Van fopnuus gepraat – pres. Donald Trump, wat graag die hoofstroommedia as fopnuus uitkryt, was self die afgelope week midde-in ’n groot fopnuus-storm. Waaraan het hy hom skuldig gemaak?
In vyf van sy oorde hang daar ’n Time-voorblad met sy foto op en voorbladprikkels wat hom vlei – maar Time het nooit so ’n voorblad gehad nie.
Hy het getwiet dat sy kleindogter, Arabella Kuschner, ’n talentkompetisie gewen het – maar haar sanguitvoering was net vir besoekers aan die Wit Huis, nie in ’n kompetisie nie.
Hy het ’n verklaring uitgereik waarin hy pres. Barack Obama daarvan beskuldig dat hy in verlede jaar se verkiesing met die Russe geheul het.
’n Ondersoek het vandeesweek begin na die werklike oorsaak van die dood in 1971 van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol terwyl hy deur die veiligheidspolisie gevange gehou is. Watter oorsaak is destyds ná ’n geregtelike ondersoek verstrek?
Hy het selfmoord gepleeg deur by die 10de verdieping van die polisiehoofkantoor af te spring.
Hy het op ’n koekie seep in die stort gegly, geval en aan sy beserings gesterf.
Hy het hom self gehang.
Dit lyk of Pierre van Pletzen (Oubaas) 7de Laan gaan verlaat, maar intussen het hy, Frank Opperman en twee makkers ’n rockgroep gestig. Wat noem hulle dit?
Harrebaard
Die Oukêrels
Die Omies Fantasties
Die model vir hierdie skildery deur Vladimir Tretchikoff is in Johannesburg oorlede. Wat is die skildery se naam?
Die Chinese Meisie
Meisie van die Ooste
Balinese Meisie
Deur watter gevreesde siekte word Suid-Afrika se hoender-uitvoermark tans bedreig?
Voëlgriep
Malhoendersiekte
Piep
Die skeepsklok van ’n skip wat in die Eerste Wêreldoorlog gesink het, is in geheimsinnige omstandighede aan ’n Britse joernalis oorhandig. Meer as 600 Suid-Afrikaners is in die tragedie oorlede. Wat was die skip se naam?
SS Mendi
Arniston
SS Waratah
Watter sportster is die afgelope week bankrot verklaar?
Boris Becker
Tiger Woods
Naas Botha
Watter Suid-Afrikaanse bank is die afgelope week aangewys as die beste bank in die wêreld?
Capitec
Absa
FNB
Hoe het die Guptas na bewering betaal vir die opspraakwekkende 2013-troue in Sun City van hul niggie, Veega, aldus die nuutste episode in die ontvouende #GuptaLeaks-drama?
Met gewaste geld wat bedoel was vir opkomende Vrystaatse melkboere.
Met geld wat Eskom voorgeskiet het
Met geld uit hul eie sak
Waarvan is dié foto uit een van die week se virale video's?
€�n Sterwende slang
€�n Slang wat maak of hy dood is
€�n Slang wie se gô uit is
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 24-30 Junie 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die gewilde akteur Marius Weyers is in die hospitaal – hoekom?, Wie is Edwin Theron?, Watter atleet se wêreldrekord in die 300 m het Wayde van Niekerk Woensdagaand laat spat?","img":"https://cdn.poll-maker.com/18-752366/chinese-girl.jpg?sz=1200-00000009071000005393"}
Powered by: Quiz Maker