Huisgenoot-nuusvasvra: week van 13-19 Maart 2018

Hoekom is die Protea-bouler Kagiso Rabada uit twee wedstryde geskors, ’n straf waarteen hy suksesvol geappelleer het?
Hy het skouers geskuur met die Australiese kaptein, Steve Smith.
Hy het die Australiese kaptein, Steve Smith, ernstig beseer deur ’n bal teen sy kop te boul.
Hy het die Australiese kaptein, Steve Smith, ’n kragwoord toegesnou.
Party Australiërs het die afgelope week veel oor Suid-Afrika te sê gehad en die TV-aanbieder Paul Murray het selfs voorgestel dat SA met sportboikotte gestraf word. Hoekom?
Weens streng nuwe visumvereistes vir toeriste uit Australië
Weens die moontlikheid dat grond in SA sonder vergoeding onteien sal word
Uit vrees vir Kagiso Rabada
Minki van der Westhuizen se derde kleinding, ’n meisietjie, is gebore. Hoeveel ander dogtertjies het sy?
Geen
Een
Twee
Die sangeres Franja du Plessis se verlowing aan Willie Engelbrecht is verby. Vir watter sport is Willie bekend?
Rugby
Krieket
Swem
Jacob Zuma gaan uiteindelik sy dag in die hof kry. Hoeveel klagte is teen hom gelê?
16
632
783
Wie is Clarence Munyai?
Die 20-jarige Tukkie wat pas Wayde van Niekerk se nasionale rekord in die 200 m laat spat het
Die hoof van Mediosa, die maatskappy wat hom midde-in ’n gesondheidskandaal in Vrystaat en Noordwes bevind
Die nutsman by die Spier-hotel op Stellenbosch wat in die Jason Rohde-verhoor getuig het
Die fisikus en kosmoloog Stephen Hawking is oorlede. Wat is die titel van een van sy bekendste boeke?
Cosmos
A Brief History of Time
The Hitchhiker’s Guide to the Galaxy
In watter studierigting het die atleet Caster Semenya graad gevang?
Sportwetenskap
Sportsielkunde
Genderstudies
Watter land se mense is die gelukkigste op die planeet, volgens die VN se jaarlikse Wêreldgeluksverslag?
Finland
Noorweë
Ysland
Hoe het pres. Donald Trump van Amerika sy minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, afgedank?
Hy het hom ingeroep en persoonlik oor sy afdanking ingelig.
Hy het ’n afdankingsbrief by sy kantoor laat aflewer.
Hy het aan die wêreld getwiet dat Tillerson deur die Amerikaanse CIA-hoof vervang word.
Hoeveel skadevergoeding ontvang die gesinne wat slagoffers van die Life Esidimeni-skandaal was?
R200 000 per gesin
R800 000 per gesin
R1,2 miljoen per gesin
Tom Moyane, hoof van die SA Inkomstediens, is geskors. Watter onheilighede het die afgelope week alles by die SAID uitgebroei? (Meer as een antwoord is moontlik.)
Jonas Makwakwa, tweede in bevel, het bedank ná die soveelste aantyging van onetiese gedrag.
Dit het bekend geword dat BTW van R70 miljoen verlede jaar oorhaastig aan die ’n Gupta-firma terugbetaal is, glo met Moyane se toestemming.
Dit het bekend geword dat Moyane oudpres. Jacob Zuma stilletjies van belasting kwytgeskeld het.
Wat is op hierdie foto wat in Limpopo geneem is?
€n Donga in die pad
€n Luislang wat die pad oorsteek
€n Lokval deur kapers gestel
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 13-19 Maart 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Hoekom is die Protea-bouler Kagiso Rabada uit twee wedstryde geskors, ’n straf waarteen hy tans appelleer?, Party Australiërs het die afgelope week veel oor Suid-Afrika te sê gehad en die TV-aanbieder Paul Murray het selfs voorgestel dat SA met sportboikotte gestraf word. Hoekom?, Minki van der Westhuizen se derde kleinding, ’n meisietjie, is gebore. Hoeveel ander dogtertjies het sy?","img":"https://cdn.poll-maker.com/27-1001366/luislang.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker