Huisgenoot-nuusvasvra: 11-17 Mei 2019

Die loodsprogram van die nuwe Boer Soek ’n Vrou-reeks is uitgesaai. Leah is weer die aanbieder, maar wat maak hierdie reeks anders as die voriges?
Een van die boere is gay.
Een van die boere is ’n vrou.
Een van die boere is van Zambië.
Wat is pas gevind op die diepste plek op Aarde, die Mariana-trog onder die Stille Oseaan?
€�n Plastieksak
€�n Klip wat in antieke tye deel van ’n rekenaar moes gevorm het
€�n Pienk frommelkop-seekomkommer
Watter kletsdiens het gebruikers gewaarsku dat dit kwesbaar is vir kuberkrakers wat fone met spioenasieware kan besmet?
WhatsApp
Facebook Messenger
WeChat
Rikus de Beer, oftewel Jonathan, het aangekondig dat hy gaan skei. Vir watter program is hy bekend?
Radio Raps
Radio Raadop
Radio Grafis
Die jaarlikse Nampo-skou het op Bothaville plaasgevind. Waarvoor staan Nampo?
Nasionale Mielieprodusente-organisasie
Nasionale Melkprodusente-organisasie
Nasionale Mieliepap-organisasie
In watter land is vier kerkgangers in ’n Katolieke optog doodgeskiet?
Burkina Faso
Ierland
Filippyne
Die Desperate Housewives-aktrise Felicity Huffman het in die hof beken dat sy . . .
. . . Omkoopgeld betaal het om haar kinders in ’n vooraanstaande universiteit te kry waarvoor hul punte nie goed genoeg was nie.
. . . Onder die invloed van drank bestuur het.
. . . In die Amerikaanse 2016-verkiesing met Rusland geheul het.
Wat is die Christchurch-Oproep tot Aksie, wat die afgelope week bekendgestel is?
’n Belofte deur wêreldleiers en sakelui om te keer dat sosiale media in terreurveldtogte gebruik word
€�n Belofte deur Nieu-Seeland om te keer dat Suid-Afrika die Wêreldbeker-halfeindronde later vanjaar in Japan haal
€�n Belofte deur wêreldleiers om in die toekoms vinniger en meer doeltreffend op aardbewings te reageer
Wat het volgens getuienis voor die Zondo-kommissie by Transnet tussen neus en ore verdwyn?
1 000 rekenaars
1 000 spoorstawe
1 000 treinwiele
Groot kommer heers oor die stompkopkewer, wat besig is om . . . Oor die land heen aan te val.
Bome
Wingerde
Volvloertapyte
Die burgemeester van watter groot Suid-Afrikaanse metro het op aanklag van bedrog en korrupsie in die hof verskyn?
EThekwini
Kaapstad
Mangaung
Die sangeres Zita Pretorius het erken dat sy in Desember stilletjies getroud is. Met wie was sy voorheen getroud?
Burgerd Botha
Rudi Claase
Gerrie Pretorius
Watter metodes van geheimhouding het Harry en Meghan, hertog en hertogin van Sussex, ingespan om die geboorte van klein Archie in die Portland-hospitaal geheim te hou? (Meer as een antwoord is moontlik.)
Toe daar vir die eerste keer aangekondig is dat Meghan in kraam is, was Archie al agt uur oud.
Die paartjie het via ’n ondergrondse tonnel toegang tot die hospitaal verkry.
Die paartjie het die hospitaal binnegestap vermom as bejaardes.
Die Amerikaanse sangeres Doris Day is op 97 oorlede. Watter steeds bekende liedjie wat sy gesing het, het in die 1950’s ’n Oscar gewen?
Que Será Será
Tammy
That's Amore
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 11-17 Mei 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker