Totsiens, 2018!

Wie het uiteindelik vir Meghan Markle na die kansel begelei toe sy op 19 Mei met prins Harry getroud is?
Prins Charles
Haar ma, Doris Ragland
Haar pa, Thomas Markle
Jacob Zuma het na intense druk as president van SA bedank. Op watter dag het hy dié aankondiging gedoen?
12 Januarie
14 Februarie
10 Mei
Waar dien die veroordeelde moordenaar Henri van Breda sy vonnis uit?
Drakenstein-gevangenis, Paarl
Pollsmoor-gevangenis, Kaapstad
Brandvlei-gevangenis, Rawsonville
Wakanda-koors het in 2018 hoog geloop. Watter Marvel-superheld het in die fliek vir die eerste keer op sy eie verskyn?
Black Panther
Aquaman
Venom
Demi-Leigh Nel-Peters, 2018 se Mej. Heelal, se nuwe Amerikaanse kêrel is ’n bofbalspeler. Wat is sy naam?
Tim Tebow
Colin Kaepernick
Tom Brady
In Oktober het die petrolprys vir die eerste keer ooit hoër as hoeveel rand per liter gestyg?
R17
R19
R22
Tito Mboweni is op 9 Oktober ingesweer as Suid-Afrika se nuwe minister van finansies nadat watter minister uit dié amp bedank het?
Nhlanhla Nene
Pravin Gordhan
Malusi Gigaba
7de Laan se vegklub-storielyn het kykers goed aan die gons gehad. Wat was die naam van André Lotter se karakter, Rickus, wanneer hy in die bokskryt geklim het?
Ratel
Pennywise
Slangkop
Die eerste vroueboer ooit het die top-5 in Boer Soek ’n Vrou gehaal. Wat is haar naam?
Boer Toanette
Boer Leah
Boer Roxi
Wie het die Huisgenoot-Tempo-toekenning vir TV-aktrise van die jaar in ’n drama of sitkom gewen?
June van Merch
Lee-Ann van Rooi
Trix Vivier
In Maart is die laaste manlike dier van een van die wêreld se mees bedreigde diersoorte in Kenia dood. Van watter subspesie was hy?
Noordelike witrenoster
Soematraanse olifant
Amoerluiperd
Wat het wyle Joost van der Westhuizen se vervreemde vrou, Amor Vittone, uit sy boedel geërf?
€�n TV-stel
€�n Huis in Dainfern
Springbok-gedenkwaardighede
In watter land is 12 seuns en hul voetbalafrigter ná 17 dae uit ’n oorstroomde grot gered?
Thailand
Viëtnam
Kambodja
Die grondwetlike hof het in September beslis dit is wettig om dagga op privaat eiendom in SA te rook. Watter land het ’n maand later die gebruik en verkoop van dagga heeltemal wettig gemaak?
Kanada
Nederland
Hongarye
Watter land het die Fifa-Wêreldsokkerbeker-toernooi in Rusland gewen?
Frankryk
Duitsland
België
Wat is die naam van die hoërskool in Noordwes waar Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in Mei in hul koshuis vermoor is?
Hoërskool Stella
Hoërskool Grenville
Hoërskool Oranjezicht
Op watter kusdorp leef die voormalige Steinhoff-baas Markus Jooste glo steeds in weelde nadat hy onder ’n enorme wolk bedank het?
Hermanus
Plettenbergbaai
Ballito
Stephen Hawking is in Maart op 76 jaar oud oorlede. As wat was die Brit bekend?
Fisikus en kosmoloog
Regisseur en draaiboekskrywer
Digter en politieke aktivis
Wie is aan die hoof van die kommissie wat ondersoek na staatskaping instel?
Adjunkhoofregter Raymond Zondo
Hoofregter Mogoeng Mogoeng
Oudregter Willem Heath
Prins William en sy vrou, Kate, se derde spruit is in April vanjaar gebore. Wat is sy naam?
Prins Louis van Cambridge
Prinse George van Cambridge
Prins James van Cambridge
{"name":"Totsiens, 2018!", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker