Huisgenoot se maklikste vasvra ooit!

Hoekom het die motormaatskappy Ford hul Kugas met 1,6-liter-EcoBoost-enjins van die mark onttrek?
Die enjins kon oorverhit en die motor aan die brand laat slaan.
Daar was ’n gevaar dat die lugsakke ontplof wanneer hulle ontplooi word.
Die petroltenk kon in ’n botsing ontplof.
Waar het die super-staatsaanklaer adv. Gerrie Nel ingeval nadat hy by die Nasionale Vervolgingsgesag bedank het?
AfriForum
Die Universiteit van Pretoria
Die Wêreldhof in Den Haag
Watter Suid-Afrikaanse sepie het vir die eerste keer gewys hoe twee gay mans mekaar soen?
7de Laan
Binnelanders
Getroud met Rugby
Hoekom het die sanger Bobby van Jaarsveld se verjaardag nie ongemerk verbygegaan nie?
Hy het sy verjaardagpartytjie by die SA basis in Antarktika gehou.
Hy het ’n mylpaalverjaardag gevier: sy 30ste.
Sy lojale aanhangers sal nooit toelaat dat sy verjaardag ongemerk verbygaan nie.
Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, is fel gekritiseer oor ’n twiet waarin sy geskryf het:
“Mense wat sê die nalatenskap van kolonialisme was NET negatief: dink aan ons onafhanklike regbank, vervoerinfrastruktuur, watervoorsiening, ensovoorts.”
€�Daar moet ’n sinistere rede wees waarom Bathabile Dlamini nie lankal opgetree het om die Sassa-krisis te voorkom nie. Korrupsie!”
€�Ek is nie ’n rassis nie, maar ek ken baie swart mense wat wel rassiste is.”
In watter eetplek het ’n ma en pa so baklei dat dit ’n rasseherrie én boikotaksie tot gevolg gehad het?
Spur
Steers
Domino’s
Met watter album het die sanger Refentse ’n stapel pryse – vier Ghoemas, ’n Huisgenoot-Tempo en ’n Sama – gewen?
My Hart Bly In ’n Taal
My Hart Moet Ek Gaan Haal
My Hart, 'n Duisend Maal
Die sanger Ray Dylan het getrou met . . ., ’n vrou wie se naam ooreenstem met die titel van een van sy liedjies.
Jessica
Nolene
Annemarie
Hoekom het die Christelike skrywer Gretha Wiid ’n sosialemedia-storm ontketen?
Menings oor homoseksualiteit wat sy enkele jare gelede in een van haar boeke gedeel het
Menings oor seks wat sy enkele jare gelede in Huisgenoot gedeel het
Menings oor kinderopvoeding wat sy enkele jare gelede in Baba & Kleuter gedeel het
Watter ster het opgetree by ’n konsert in Manchester, Engeland, waar 22 mense in ’n bomontploffing dood is?
Ariana Grande
Katy Perry
Rihanna
Die gewilde mediapersoonlikheid Johann Botha is in ’n skokkende rooftog doodgeskiet. By watter TV-program was hy onder meer betrokke?
50/50
Groen
Jukebox
Is hulle ’n paartjie of nie? Dis wat ons heel jaar gewonder het oor . . .
Derick Hougaard en Nádine
Derick Hougaard en Karen Zoid
Derick Hougaard en Nianell
Hoekom was pres. Robert Mugabe van Zimbabwe se vrou, Grace, in die middel van ’n diplomatieke storm in Suid-Afrika?
Sy het na bewering ’n jong model met ’n verlengingskoord aangerand.
Sy het na bewering personeel in die Johannesburgse hotel waar sy gebly het, beveel om vir haar ’n bestelde pizza in Pretoria te gaan haal.
Sy het na bewering by ’n funksie met pres. Jacob Zuma geflankeer.
Dit was die 20ste herdenking van prinses Diana se dood. In watter Europese stad het sy gesterf?
Parys
Berlyn
Barcelona
Is dit die moeite werd om in dié kriptogeldeenheid te belê? Was die vraag op almal se lippe.
Bitcoin
Bingcoin
Buycoin
In watter Amerikaanse stad is 58 mense dood en honderde beseer in die grootste massa-skietvoorval in die Amerikaanse geskiedenis?
Las Vegas
Orlando
Fort Lauderdale
Wat het regstreeks aanleiding gegee tot die opspraakwekkende Swart Maandag-veldtog?
Die moord op die boer Joubert Conradie van Klapmuts in die Wes-Kaap
Die seksuele aanranding van 87 laerskoolmeisies van Soweto deur ’n skool-veiligheidswag
Die gruverhale wat vertel is by die Life Esidemeni-bemiddelingsverhoor oor die dood van byna 150 gestremde staatspasiënte
Talle opspraakwekkende moordverhore het hulle in 2017 afgespeel. Wie se verhoor het met ’n skuldigbevinding geëindig?
Jason Rohde
Henri van Breda
Christopher Panayiotou
Die oud-Mej. Wêreld Rolene Strauss het haar finale uiversiteitseksamen in . . . . geskryf.
Geneeskunde
Ingenieurswese
Ekonomiese en bestuurswetenskappe
Pres. Robert Mugabe is gedwing om te bedank. Sedert wanneer was hy Zimbabwe se leier?
1980
1990
1994
Hoekom wou Boer Johan die program Boer Soek ’n Vrou hof toe sleep?
Hy is volgens hom deur die vervaardigers aangehits om een van die vroue vroeg huis toe te stuur, en toe was die hele land vir hom kwaad.
Een van die deelnemers het hom na bewering seksueel geteister.
Hy is volgens hom deur die vervaardigers aangesê om die ou bok te wees wat uiteindelik die heel jongste blaar kies.
In watter Suid-Afrikaanse hospitaal het die wêreld se eerste hartoorplanting 50 jaar gelede plaasgevind?
Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad
Volkshospitaal in Kaapstad (vandag Kaapstad Mediclinic)
H.F. Verwoerd-hospitaal in Pretoria (vandag Steve Biko Akademiese Hospitaal)
Watter bom het pres. Jacob Zuma net voor die ANC-leierskonferensie laat bars?
Hy het hom beskikbaar gestel as ’n kandidaat in die ANC-leierskapsverkiesing.
Gratis tersiêre opleiding vir honderdeduisende studente.
Hy het ’n noodtoestand afgekondig.
{"name":"Huisgenoot se maklikste vasvra ooit!", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Hoekom het die motormaatskappy Ford hul Kugas met 1,6-liter-EcoBoost-enjins van die mark onttrek?, Waar het die super-staatsaanklaer adv. Gerrie Nel ingeval nadat hy by die Nasionale Vervolgingsgesag bedank het?, Die vermeende kindermolesteerder en oud-advokaat Dirk Prinsloo sal waarskynlik binnekort in SA teregstaan. Wat was die bynaam van sy destydse meisie, Cézanne Visser?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker