Huisgenoot-nuusvasvra: 15-21 Junie 2019

Ná hoeveel jaar verlaat Annelisa Weiland die sepie 7de Laan?
17
18
19
Watter rugbyspeler se outobiografie het so ’n herrie ontketen dat die uitgewer daarvan die publikasie vir eers terughou?
Tendai Mtawarira
Siya Kolisi
Duane Vermeulen
Vyf haweloses is die afgelope drie weke al in hierdie stad vermoor.
Pretoria
Johannesburg
Durban
Waarna verwys die uitdrukking Turnip Toffs?
Prins William en Kate Middleton se vriendekring
Adellikes sonder enige smaak
Wenners van die Turnip-prys vir verspotte kuns
In watter land is Zindzi Mandela-Hlongwane – wie se omstrede twiets in die nuus was – die SA ambassadeur?
Denemarke
Japan
Australië
Hoekom het die Pakistanse politikus Shaukat Youhafzai met kat-oortjies en ’n snorbaard in ’n uitsending van sy nuuskonferensie verskyn?
Die kat-filter is per abuis aangeskakel terwyl die konferensie op Facebook uitgesaai is.
Die uitsending was ’n inskrywing vir die Turnip-prys vir verspotte kuns (sien vorige vraag).
Youhafzai maak graag grappies en het met sy voornaam (“show cat”) gespot.
Wat het pres. Cyril Ramaphosa NIE tydens sy Staatsrede gesê NIE?
Grondhervorming gaan met staatsgrond begin.
Die mandaat van die Reserwebank gaan nie verander word nie.
Die SAL gaan geprivatiseer word.
Wie is op hierdie foto?
Archie, seun van prins Harry en Meghan Markle
Julian, seun van die plakkerskamp-atleet Irene Cass
Khai Jamal, seun van Emo Adams en Michelle Gildenhuys
Waarnemers is bekommerd dat die toenemende spanning tussen Amerika en . . . tot ’n militêre uitbarsting kan lei.
Iran
Rusland
China
Deur watter land is die Proteas Woensdag so te sê uit die krieket-wêreldbekertoernooi geskop?
Nieu-Seeland
Bangladesj
Engeland
Watter Suid-Afrikaanse stad moet hom regmaak vir 54 uur van watertoevoerprobleme?
Johannesburg
Kaapstad
Bloemfontein
In watter sepie is die akteur Armand Aucamp eersdaags te sien?
Getroud met Rugby
Binnelanders
7de Laan
Wat is die titel van Ricus Nel en Snotkop se video wat YouTube tans op hol het?
Boerepompie
Boeremeisie
Boerbeskuitjie
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 15-21 Junie 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker