Huisgenoot-nuusvasvra: 21-28 Augustus 2018

Wie het die afgelope week in ’n twiet gekla oor die 'South Africa land and farm seizures and expropriation and large scale killing of farmers'?
Donald Trump, president van Amerika
Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum
Tucker Carlson, Amerikaanse TV-aanbieder
Wat het die voormalige adjunk-finansminister Mcebisi Jonas NIE in sy getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê NIE?
Ajay Gupta het gedreig om hom (Jonas) dood te maak.
Ajay Gupta het gespog dat die Guptas die Valke, die nasionale vervolgingsgesag en die nasionale intelligensie-agentskap beheer.
Ajay Gupta het vir Jonas ’n permanente luukse suite in die Oberoi-hotel in Doebai aangebied.
Hoekom het sommige Nike-sportwinkels hul deure die afgelope week tydelik gesluit?
Dit het bekend geword dat Kelly, die vrou van die rassis Adam Catzavelos, ’n werknemer van Nike is.
Uit protes dat die atleet Usain Bolt nou in Australië gaan sokker speel.
Die winkels is gestormloop deur mense wat weergawes van Serena Williams se swart katpak wou koop.
Watter staatshoof besoek Suid-Afrika vandeesweek?
Theresa May van Brittanje
Xi Jinping van China
Michel Temer van Brasilië
Watter geliefde TV-program het die afgelope naweek sy 30ste verjaardag gevier?
Carte Blanche
Generations
Top Billing
Scott Morrison het pas Australië se hoeveelste premier die afgelope vyf jaar geword?
Derde
Vierde
Vyfde
In watter wêrelddeel het masels uitgebreek?
Europa
Suid-Amerika
Midde-Ooste
Nico Panagio gaan te sien wees op RoepTV, ’n beplande TV-pakket wat . . . Programme gaan aanbied.
Christelike
Oorlewings-
Kinder-
Die Springbokke het die naweek ’n nederlaag gely teen die Poemas van . . .
Argentinië
Mpumalanga
Chili
Hoekom was die skoonheid Margaret Gardiner die afgelope week in die hospitaal?
Sy het ’n kankergewas uit haar neus laat sny.
Sy het haar been opgeskop, gegly en haar enkel gebreek.
Sy ly aan fibromialgie, ’n toestand wat chroniese pyn veroorsaak.
Watter Suid-Amerikaanse land het ’n nuwe geldeenheid uitgereik in ’n poging om sy verwoeste ekonomie ’n hupstoot te gee?
Venezuela
Uruguay
Ecuador
Die Amerikaanse onderwysminister, Betsy DeVos, wil federale geld gebruik om watter toerusting aan skoolonderwysers te verskaf?
Vuurwapens
Potlode
Ondersteunende skoene
Teen watter burgemeester het ’n mosie van wantroue Maandag geslaag?
Athol Trollip, Nelson Mandelabaai
Patricia de Lille, Kaapstad
Solly Msimanga, Tshwane
Watter sport is pas vir die eerste keer deur NASA-ruimtevaarders in die ruimte gespeel?
Tennis
Gholf
Sokker
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 21-28 Augustus 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"By watter bekende skool het die ouers om die skool gestap (soos die Israeliete om Jerigo) en gebid dat die skool van politiek gereinig word?, In watter stad het die G7-beraad die afgelope naweek plaasgevind?, Die afkorting NoKo is deesdae oral te sien. Waarvoor staan dit?","img":"https://cdn.poll-maker.com/30-1055249/bederf-ad.jpg?sz=1200-00000000001000007500"}
Powered by: Quiz Maker