Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Februarie 2018

Wie is Suid-Afrika se “herwonne” minister van finansies?
Nhlanhla Nene
Pravin Gordhan
Malusi Gigaba
Watter internasionale kitskosgroep moes die helfte van sy 900 Britse takke toemaak weens afleweringsprobleme met sy hoofbestanddeel?
KFC
McDonald’s
Dunkin’ Donuts
Die verdwyning van die Brits-Suid-Afrikaanse paartjie Rod en Rachel Saunders in KZN het veroorsaak dat die Britse departement van buitelandse sake ’n waarskuwing oor . . . Uitgereik het.
Terrorisme in Suid-Afrika
Misdaad in Suid-Afrika
Ebola in Suid-Afrika
Aan watter sportsoort gaan die uitgetrede naelloper Usain Bolt nou professioneel deelneem?
Sokker
Krieket
Swem
Watter nuwe begrotingsaanpassing gaan die meeste geld vir Suid-Afrika inbring?
Verhoogde BTW
Verhoogde petrolheffings
Die nuwe suikerbelasting
Wat is die naam van die SA-gebore komediant Trevor Noah se outobiografie wat binnekort deur Hollywood verfilm gaan word?
Born A Crime
Born Without A Dime
Born With A Smile
Wat het die TV-aanbieder en aktrise Nadia Beukes vandeesweek aangekondig?
Sy verwag haar eersteling.
Sy trek New York toe om soos haar pa, Rouel, ’n operasanger te word.
Manlief David de Villiers het ’n plaas gekoop en sy is nou Boer Se Vrou.
Wat was een van pres. Donald Trump se voorgestelde oplossings om skoolveiligheid in Amerika te verbeter?
Verbied semi-outomatiese wapens
Bewapen onnies
Maak dit ’n misdaad vir politici om skenkings van die National Rifle Association te aanvaar
Watter toestand kan volgens nuwe navorsing deur oormatige alkoholgebruik veroorsaak word?
Demensie
Hoë cholesterol
Hartsiekte
In watter land is die Suid-Afrikaanse oud-weermagkolonel William Endley ter dood veroordeel?
Suid-Soedan
Botswana
Somalië
Hoeveel het die Franse rugbyklub Montpellier vir die klub Racing 92 betaal vir die voorreg om die oud-Springbok Johan Goosen as ’n speler te bekom?
R10 miljoen
R15 miljoen
R20 miljoen
Watter appèlaansoek van oudpres. Jacob Zuma is deur pres. Cyril Ramaphosa gekanselleer?
Appèl teen die bevinding dat Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, sy pos moet ontruim
Appèl teen die bevinding dat korrupsie-aanklagte teen Zuma geregverdig is
Appèl teen die besluit dat alles wat in die staatskapingsondersoek uitkom, in die hof as getuienis mag dien
Hierdie foto van die aktrise Jennifer Lawrence op ’n yskoue dag het gelei tot vingerwysings na seksisme in Hollywood. Hoe het Jennifer daarop gereageer?
Vier mans, een vrou – doen self die sommetjie.”
“Vergeet van #MeToo, dit was #MeBlue.”
€�Die rok is te mooi om met ’n jas toe te maak. Dit was my keuse.”
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Februarie 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wie is Suid-Afrika se “herwinde” minister van finansies?, Watter internasionale kitskosgroep moes die helfte van sy 900 Britse takke toemaak weens afleweringsprobleme met sy hoofbestanddeel?, Die verdwyning van die Brits-Suid-Afrikaanse paartjie Rod en Rachel Saunders in KZN het veroorsaak dat die Britse departement van buitelandse sake ’n waarskuwing oor . . . uitgereik het.","img":"https://cdn.poll-maker.com/26-985670/dress.jpg?sz=1200-00000005001004305300"}
Powered by: Quiz Maker